Nova Scotia: Mahone Bay


Liz

Recommended Posts

For those who might not know about this little tea shop called "The Tea Brewery".....it's situated in the main road of Mahone Bay, Nova Scotia and you can enjoy a lovely cup of rooibos tea (organic, which is the 'normal' one or flavoured). This is run by Canadians, so there is no SA influence there. They also have a wide variety of other teas. They sell the loose tea, per 50g bags. I just thought this might be interesting for those who might visit Nova Scotia sometime.....I'm not getting anything out of it...!! Mahone Bay (about 1 hr drive south of Halifax) really is a beautiful little town, and really worth a visit in any case.

Enjoy!!

Edited by Liz
Link to comment
Share on other sites

Mahone Bay is a great little town, especially if you visit in autumn...here's a picture.

hannesb

post-16-1048553232_thumb.jpg

Link to comment
Share on other sites

Did you visit the Tea Brewery when you were there?

Link to comment
Share on other sites

Nee, Liz, ons was nie by die Tee Brouery aan nie, Mahone Bay was net 'n vinnige oorstop op pad na ons eintlike bestemming - Lunenburg (waroor mens ook liries kan raak). Die hele pad suid van Halifax af is baie mooi, en Mahone Bay is, soos ek verstaan, 'n gewilde naweek-wegbreek plek vir baie Halifax-mense. Daar is dus baie restaurantjies en oulike winkeltjies, so tussen die gemmerbrood-huisies en die blou waters van die baai.

hannesb

Link to comment
Share on other sites

Guest Engela

Toe my seun nog in High School was, (wil dit nie in Afrikaans skryf nie, want dit klink amper soos wanneer jy vir iemand van 'vakke' vertel in Afrikaans en die hele restaurant kyk na hoe lelik hierrie mooi (vir Kolla - 'lelik', want hy sal nou weer dink ek dink ek is kastig mooi) vrou nou praat!!) - enige geval, die kind het 'n wonderlike vakansie vir sy hele familie van 4 gewen en die prys was Nova Scotia en N. Brunswick toe en by die einste Tea Brewery in Mahone Bay het ons darem die lekkerste potte te leeg gedrink. Toe kom ek vir die eerste keer agter my kinders hou eintlik van tee!! Hulle gunsteling was Queen Mary en nou koop ek dit spesiaal vir hulle. In ons huis word uitsluitlik Rooibos gedrink en ek koop dit by 'n Poolse winkel in Toronto (baie goedkoper as by die S.Afrikaanse winkels hierso) en dit kom van Pole af - al woord wat bekend is op die pakkie tee is "Rooibos"! Dis noual so erg, as ek in die winkel stap, dan haal hulle al die Rooibostee vir my van die rak af. Nova Scotia is waaragtig pragtig en diegene wat daar bly - julle is sommer bevoorreg hoor. Nog so 'n mooi Tea Room is in St. Andrew's by die Sea (New Brunswick) - was iemand al daar?

Link to comment
Share on other sites

Nova Scotia is mooi...ons geniet dit baie hier. :cowboy:

Ek is bly dat iemand darem al die lekker tee daar by die Tea Brewery gedrink het!! Ons was nog nie New Brunswick toe nie, maar wanneer ons daarheen gaan, sal ek die ander tee winkel gaan opsoek!!!

Link to comment
Share on other sites

Nog 'n lusmakertjie vir diegene wat nog nie Nuwe Skotland op sy mooiste ervaar het nie...(dis tussen Mahone Bay en Lunenburg afgeneem, verlede herfs).

hannesb

post-16-1048640006_thumb.jpg

Link to comment
Share on other sites

Engela, ek's 'n sy !! :cowboy:

Ai ek het lekker gelag nou ! En jy sal nie glo nie, Kolla is jarelank sedert my sussie in die doeke was, haar bynaam. Waar ek op die ingewing van die oomblik hier, daaraan gekom het, weet ek nie. Seker het my paar blonde hare iets daarmee te doen. My rerige naam en van is n absolute nagmerrie om te onthou en te spel. Ek het al die jare n baie skaars naam en sowaar gaan staan en draai ek deurmekaar met n man met n vreemde skaars van en nou ja, dis waar ek seker maar aan Kolla gekom het vir moeilikheid maak hier :D

Dankie vir die vertelling en die mooi fotos van die Maritimes, ons sal ook dit nog graag wil sien.

Almal sê dis so mooi.

Edited by Hendie
Link to comment
Share on other sites

Hannes, gaan kyk onder 'communities' by Nova Scotia na die prentjies van Halifax. Daar is ook 'n mooi een van Mahone Bay........ :D

O, en as daar mense is wat Halifax moontlik besoek, gaan 'kuier' gerus by die Citadel (die fort in die dorp) . Hulle vuur elke dag om 12 uur 'n kanon af en het gedurende die somer maande toere in die plek. Hulle het so 'n hele 'affere' met die kanon saam en daar is baie 'skotse' manne wat 'bagpipes' speel. Verlede jaar is ek daar saam met Dana se ouers en na die kanon afgevuur is, hardloop 'n seuntjie na die muur, en kyk oor om te sien watse gebou die kanon nou getref het!!! Daar trek toe 'n rokie by een uit en my skoonpa kon dit natuurlik nie weerstaan nie.........!!!! :cowboy:

Link to comment
Share on other sites

Kolla met al die "No Information" in jou "profile" was ek ook nie seker nie (hy of sy) , maar ek sal probeer onthou.

Link to comment
Share on other sites

Guest Engela

Wel, ten minste weet ons darem ietsie meer 'wie' Kolla is! Ek is bly het het vir 'n bietjie humor gesorg. Ons het darem een ding in gemeen en dis dat ons albei blond is!!

Link to comment
Share on other sites

There is a lady, Becky, who blends her own teas in BC....I tried it at a recent Gourmet Foods Trade Show, and she uses Rooibos tea for a lot of them, really tastes incredible. Her website is www.saltspringtea.com

D. :rolleyes:

Link to comment
Share on other sites

Aai, daai kerktorings!!!!!! Baie dankie vir die pragtige foto. Kerktorings is maar baie skaars hier in die 'Lower Mainland'.

Van teedrink plekke gepraat - hier in White Rock is 'n baie oulike en tipiese Engelse Tearoom met verskillende porseleinkoppies en pierings by elke plek gedek. Die naam is "Clancy's" en behoort aan Hollanders. Hulle het ook Rooibostee op hul spyskaart. Wanneer jy by die plek instap dan 'scan' jy gou al die tafels en besluit watter koppies jy van hou en gaan sit by daardie tafel. Hulle bedien ook heerlike 'scones' soos ons hulle ken. En hulle roem op hul "hot sticky toffee pudding" wat maar baie aan malvapoeding herinner.

Groetnis

Edited by Galpil
Link to comment
Share on other sites

  • 11 months later...

Ek en my vrou wil graag so 'n 2 weke in Junie of Julie in die maritimes kom toer, sou graag New Brunswick, Nova Scotia en Newfoundland wou sien maar dit kom my voor dat dit te veel van 'n ryery sal afgee en maar min van 'n vakansie. Ek soek mooi en interessante mense en plekke en hou van geskiedenis, sy hou van quilt winkels - sal ook lekker wees om weer die see te sien - as enigiemand daar enige raad het oor akkomodasie, plekke om te sien, quiltwinkels vir my vrou :unsure: - enige raad is welkom.

Vince

Link to comment
Share on other sites

Quilt winkels sal julle in Mahone Bay en Lunenburg kry. Miskien is daar ander plekke ook, maar dit is waar ek van hulle gesien het.

Prince Edward Island is ook 'n mooi plek om te besoek as jy 'n tydjie het. Cavendish is nogal 'n bekende plek. Die sand in PEI is 'n rooierige kleur.

Ek heg 'n website aan waar jy kan aanvra vir die 'Doers and Dreamers' boek oor Nova Scotia. Daar is baie interessante inligting in soos akkomodasie ens. Daar is ook baie ander inligting op die website self.

Kyk hier

Edited by Liz
Link to comment
Share on other sites

Baie dankie Liz , ek het na die URL gaan kyk en daar is genoeg om my besig te hou.

Groete,

Vince

Link to comment
Share on other sites

Plesier ;)

Link to comment
Share on other sites

  • 1 month later...

Galpil,

Was jy dalk al by "Tea Tyme" in White Rock? Faye Norgren is die eienares. Dit is op 15545 Marine Drive. Was nog nie self daar nie, maar ek bestel gereeld van haar "Desert Blossom" gemiekste Rooibostee van haar af.

Hier by ons in Manitoba kan jy ook nou Rooibostee, of natuurlik of gemieks by omtrent enige "Wellness" of gesondheidswinkel te koop kry. Safeway is ook nie vêr agter nie met hulle Lipton's Rooibostee.

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.