Vancouver


exdurbandude

Recommended Posts

there was a competition on radio a while back asking people to list 20 attractions of Vancouver and they , by the 3rd day, had only about 8 that people had called in. I called (only here a year) and listed 20 just by rembering the spots I've visited while driving around. You do not need to plan a long drive to see the many great attractions around this city.

To name a few - will guess the approximate prices

Stanley Park - free only pay for parking

Capilano Suspension Bridge - WOW! nice new elevated walkways being installed right now (BC residents cheaper than tourists)

Grouse Mountain (with sky ride) $11 or so - don't forget t catch the movie every hour at the top

Lions Gate bridge - just a pleasurable experience driving over it

Cypress mountain - free to drive up to lookout point

Seymour mountain - same

McMillan Space centre - $10

Science World - $10

Van Dusen Gardens - $5

Bloedel Conservatory - $2

Harbour Tower - Downtown Vanc and view of the city + North Shore - $7

Harbour tour - 90minutes - $33

Maritime Museum (next to McMillan Space in Kitslano) - $6

Art Gallery - Downtown Vanc - $10

Granville Island - shops, brewery etc

Robson Street - our very own Rodeo drive

WHISTLER - oh yeah! - 90minute drive from Vanc - Stop in Squamish for a bite and look see

Buntzen Lake

Hells gate - maybe 2 hours east of Vanc

Steveston fish market - fish, prawns very cheap (bargain with the people on the boats - oh yeah, you buy straight from the fishermen)

Lynn Canyon + suspension bridge (short but nice - FREE - nice hikes (very easy for anyone)

Lonsdale Quay + Water front Park (nice foto opportunity of downtown at dusk)

East van - if you every need to buy fresh AND cheap veges, fruit etc.

North Shore bike and hiking trails - think they been voted the best in the world or so.

And a lot more

Need fotos of any of these, let me know

Edited by exdurbandude
Link to comment
Share on other sites

Baie nice Exdurbandude dat jy die moeite gedoen het om die mooi plekke en besienswaardighede van Vancouver met ons almal hier te deel. Ek dink dit sal n goeie idee wees as iemand in elke stad so n thread begin, siende dat dit vakansietyd is en die dae nou so mooi is dat mens lus het om uit jou dop te kruip en die wye ( mooie) wereld te gaan ontdek. Al is dit in jou eie omgewing.

Ek het ook aan n paar plekke gedink om toe te voeg tot jou baie goeie lysie van mooi plekke.

- Lynn Canyon op die North Shore het ons altyd vir kuiermense gaan wys ipv die Capilano Suspension Bridge. Veral as mens n hele klompie siele bymekaar is, was die suspension bridge vir my aan die duur kant en gepak met jou tipiese toeriste tipes. Terwyl Lynn Valley verniet is en die scenery baie dieselfde is. Daars n interpretive centre wat jy kan deurstap en iets leer van die omgewing, veral ook oulik vir kinders en dan kan jy die sirkel roete oor die 2 bruggies stap oor die bruisende waters en in die reenwoud aan die anderkant. Een kant is die trappies aan die styl kant( lees goeie oefening), so moenie jou 80 jarige ouma met die seer kniee daar laat stap nie. Die sirkelroete is so 30 minute se stap as ek reg kan onthou en verseker baie mooi.

- Capilano Fish Hatchery. Dis oppad na Grousse Mountain net af van Capilano Drive aan die linkerkant net na so n draai soos mens die berg opry is daar n bordtjie wat jou beduie na die fish hatchery. Pragtig ook om daar te stap in die woude, mooi paadjies as mens meer tyd daar wil spandeer. Die terugkerende salm visse moet met so n fish ladder opswem teen n baie sterk stroom water en dele van die laaste klompie meters van hulle lang tog kan jy besigtig van agter glas panele. Dis gratis om te besoek en verseker die moeite werd die tye van die jaar as die visse terugkeer na die vars waters van die riviere. Ek onthou Aug/Sept het ons altyd baie visse daar gesien. Ook kan jy so deur die nette kyk na duisende klein vissies wat daar uitbroei en interessante displays oor die lewe van die verskillende salm tipes.

- Ambleside Beach in West Van net onder die Lions gate brug. n Baie goeie tyd om daar te wees is in die somermaande so half 6 saans as die cruise ships die hawe verlaat en hier voor jou oe onder deur die Lions Gate brug vaar. Gewoonlik vaar die 2 of 3 vir die dag so in gelid agtermekaar die hawe uit oppad Alaska toe.

Daars n pragtige sea wall paadjie waar jy ver kan stap in die rigting van Horseshoe Bay seker vir so 2 km en langs die pad is daar van die ou mensies se communial gardens reg op die see, die doen ek altyd aan ek kyk na hulle hande werk.

North Shore mooi roetes om te ry :

- As jy oor 2nd Narrows brug ry roete noord, bly in die R baan en vat die eerste offramp, Dollarton Highway, en ry dan so al langs die water af tot in Deep Cove. Oppad aan die R kant is Cates Park, n groot deurry park, waar mens oor naweke laat middag kan gaan sit en die terugkerende bootjies kan sien wat aan wal moet kom. Nogal sports om daar op die klippe/beach onder die bome te sit en te sien hoe haal sommige mense hulle bote uit die water !Ry verder af met die pad tot in Deep Cove en met die terugkom maak n R by die eerste robot ( h/v Dollarton Hway en Mount Seymour Parkway ( baie styl bult) en ry aan met die Parkway tot by die volgende robot 'Hang' a R daar ( R voor jou is n winkelsentrumSafeway oa ) en draai regs en ry tot bo op Mount Seymour.

Die laaste straat voor jy M Seymour opry is Indian River Drive as jy daar R draai en aanhou met die pad tot by die eerste straat aan jou L is Mount Seymour Road. Maak daar n L en ry so 10 km met n nouerige teerpaadjie al langs die Burrard Inlet tussen die bome in die reenwoud en die baie mosse aan totdat die pad doodloop. Parkeer daar en stap tussen die huise af tot by n private dock waar ons soms mense gesien krappe vang het. Dis n pragtige pad om te ry en die view van die dock is mooi, L voor jou is n huis gebou op sy eie eilandjie.

- Nog n mooi roete is as jy vanaf Ambleside beach net reguit aanhou met Marine Drive en die scenic roete Horseshoe ay toe ry. Trolls in Horseshoe Bay maak lekker fish & chips en jy kan die ferries se in en uitgaan daarvandaan sien.

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.