White Rock: Afrikaanse Kersdagdiens, 25 Des 2007


willem

Recommended Posts

Graag wil ons nou alreeds die Kersdagdiens van 25 Desember 2007 bekend maak. Die Erediens sal om 10:30 vm plaasvind. Ons gaan van al die bekende Kersliedere soos Stille Nag, Herders op die ope velde, ens saamsing.

Na die Erediens gaan ons weer soos gedurende 2005, weer heerlik saam eet in die saal. Bring gerus 'n gereg saam om die dag saam as geestelike familie te spandeer. Ons wil graag 'n ieder en elk hartlik uitnooi om die dag saam met ons deur te bring. Ons beplan ook om weer speletjies in die saal aan te bied.

Indien jy die vorige geleenthede misgeloop het, moet jy definitief nie die geleentheid misloop nie. Maak sommer nou dadelik 'n aantekening in jou dagboek om die geleentheid by te woon. Kom ons trek op en pak die Kerk vol. Almal is hartlik welkom.

Ons het jou nodig om die dag 'n sukses te maak.

Vir verder inligting, skakel gerus vir Willem van der Westhuizen by 604 536 9322 of kontak ons gerus by willem@saint-johns.ca

Link to comment
Share on other sites

  • 4 weeks later...

Die beplanning rondom die Kersdag verloop vlot. Ons sien daarna uit om weer sommer 'n klomp mense op die Kersdag by die Erediens, asook die Potluck ete te hê. Ons wil julle almal wat hier in die Lower Mainland woonagtig is, uitnooi na die geleentheid. Kom neem deel aan 'n dag vol sang, eet en sommer net lekker saamwees.

Link to comment
Share on other sites

  • 4 weeks later...

Die beplanning vir Kersdag loop sommer fluks. Baie dankie aan die van julle wat alreeds laat weet het dan julle gaan kom. Ons waardeer dit voorwaar.

Indien jy nog geen defnitiewe planne het vir dag nie, is jy welkom om by ons aan te sluit.

Indien jy enige navrae het, kontak my asb gerus.

Seen

Link to comment
Share on other sites

Willem

Gee vir ons asseblief meer besonderhede oor watse geregte...slaaie, warm kosse, poedings of net vingergereggies?

Dankie! :lol:

Link to comment
Share on other sites

Ingrid,

Dit is 'n "Pot Luck". Dit wat julle sou beplan het om te eet as gesin vir die dag, is jy welkom om saam te bring. Ek weet van die mense is besig om 'n kalkoen gaar te maak, ander gaan Bobotie bring, sommige gaan ook 'n nagereg bring. Elkeen skep 'n ietsie van alles en ons deel in die Kersvreugde.

Vir die van julle wat graag sou wou kom, maar wat alreeds ander planne het, wil ek graag 'n geseende Kersfees toewens. Mag Christus vreugde julle families omvou.

Link to comment
Share on other sites

Graag wil ek net aan almal wat die Kersdagdiens bygewoon het, net 'n woord van HARTLIKE DANK rig. Dit was voorwaar baie lekker om soveel mense tydens die Erediens te kon ontvang.

Ek wil sommer byvoorbaat al voorbrand maak vir die 2008 Erediens. Dit was heerlik om te hoor hoedat julle so lekker saamgesing het.

En dan natuurlik die kuiery na die Erediens! Mensig, was dit nou heerlik gewees. Lekker saam koffie gedrink, gesels, ens.

Dan natuurlik was daar die ete. Mensig, dit is iets wat julle mense sommer voorslagte mee is. Nadat almal geeet het, was daar natuurlik sommer nog baie kos oorgewees, genoeg vir mense wat sommer net wou bywoon.

Indien jy dalk hierdie jaar die geleentheid misgeloop het, moet julle nou alreeds die datum van 25 Desember 2008 omkring. Maak definitief 'n plan om DV volgende jaar se Erediens, kuiery en mmm , smullekker ete by te woon.

Geseende Kersdag en mag ons Hemelse Vader julle wee voorspoedig maak.

Ns, Miskien is daar iemand wat die geleentheid bygewoon het wat dalk 'n foto of twee as bewys van die heerlike saamkuier op die webwerf wil pos?

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.