Sign in to follow this  
Loerie

White Rock, Kelowna, Calgary, Saskatchewan

Recommended Posts

Loerie

Ons gesin het in Junie in Kanada gearriveer - dis nou ekself, my man (Alec op die forum) en ons twee seuns van 16 en 11 jaar. Ons is tans op 'n vakansie-LSD en kuier op die oomblik in Saskatchewan by familie. Die eerste paar dae was ons in White Rock. Daarna het ons 'n paar dae in Kelowna en Calgary spandeer. Ons geniet die uiteenlopende natuurskoon van Kanada!

White Rock Pier

post-787-1154040646.jpg

Mount Baker geneem vanaf White Rock Pier

post-787-1154040725.jpg

Okanagan meer met Kelowna aan die oorkant

post-787-1154040744.jpg

Kelowna omgewing

post-787-1154040764.jpg

post-787-1154040779.jpg

post-787-1154040788.jpg

Op pad na Vernon

post-787-1154040807.jpg

Bow Falls in Banff

post-787-1154040830.jpg

post-787-1154040843.jpg

Lake Louise

post-787-1154040853.jpg

Bow River in Canmore omgewing

post-787-1154040865.jpg

Share this post


Link to post
Share on other sites
Marli

Dis darem maar pragtig! Baie dankie vir al die foto's... ek het baie van hierdie plekke nog nie self besoek nie, maar hoop om dit nog binnekort te doen.

Share this post


Link to post
Share on other sites
alec

Die res van ons foto's:

Calgary Stampede Parade

post-1549-1154042888.jpg

post-1549-1154042900.jpg post-1549-1154042909.jpg

Calgary Stampede - rodeo

post-1549-1154042916.jpg

post-1549-1154042927.jpg

Calgary Stampede - Blacksmith Competition

post-1549-1154042938.jpg

Oppad na Medicine Hat in Alberta

post-1549-1154042947.jpg

In Saskatchewan, naby die westelike deel van Duck Mountain Provincial Park

post-1549-1154042958.jpg

Madge Lake, Duck Mountain Provincial Park

post-1549-1154042978.jpg post-1549-1154042986.jpg

post-1549-1154042998.jpg post-1549-1154043006.jpg

Edited by alec

Share this post


Link to post
Share on other sites
Loerie

Dankie Marli :unsure: - dis vir ons 'n belewenis om hier in Kanada te ry en lekker om die foto's te kan deel. Vanaand het ons vir die eerste keer die noorderligte gesien en wat 'n ervaring! Ons was almal besig in die kombuis na tien en besluit toe om buite te gaan sit - dis heerlik koel hier saans. Ons sien toe twee dowwe wit strepe soos 'n reƫnboog deur die lug, maar reg bokant ons. Na 'n rukkie besef ons dis noorderligte, hoewel dit so stadig van patroon verander het, dat mens nie veel beweging kon sien nie. Die dowwe ligstrepe verander toe eventueel in een wit ligstreep wat helderder word en toe begin die ligte skielik te beweeg en sien ons die groen en pienk kleure! Dit was nou omtrent 'n skouspel! Dit was so 'n verrassing, want ons het juis gesit en gesels daaroor dat mens so iets waarskynlik eers later in die jaar hier sou kon sien. Op 'n stadium was die hele lugruim bo en om ons vol ligte - die gekleurde ligte egter reg bokant ons. Mens het jou so verkyk dat jy skoon vergeet het van die kamera. Toe dit begin verdwyn, is ons eers 'n entjie buite die dorp uit om te kyk of ons kan foto's neem. Die groot skouspel is toe oor, maar dit was baie mooi om steeds die wit ligte te sien en ook soveel meer sterre as wat ons saans in Pretoria kon sien. Om teen amper middernag buite in die veld te kan staan en net die oomblik te kan geniet was ook wonderlik. Ek is so bly my kinders kan dit alles ervaar!

Edited by Loerie

Share this post


Link to post
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

Sign in to follow this