Loerie 0 Posted July 27, 2006 Ons gesin het in Junie in Kanada gearriveer - dis nou ekself, my man (Alec op die forum) en ons twee seuns van 16 en 11 jaar. Ons is tans op 'n vakansie-LSD en kuier op die oomblik in Saskatchewan by familie. Die eerste paar dae was ons in White Rock. Daarna het ons 'n paar dae in Kelowna en Calgary spandeer. Ons geniet die uiteenlopende natuurskoon van Kanada!White Rock PierMount Baker geneem vanaf White Rock PierOkanagan meer met Kelowna aan die oorkantKelowna omgewingOp pad na VernonBow Falls in BanffLake LouiseBow River in Canmore omgewing Quote Share this post Link to post Share on other sites
Marli 1 Posted July 27, 2006 Dis darem maar pragtig! Baie dankie vir al die foto's... ek het baie van hierdie plekke nog nie self besoek nie, maar hoop om dit nog binnekort te doen. Quote Share this post Link to post Share on other sites
alec 0 Posted July 27, 2006 (edited) Die res van ons foto's:Calgary Stampede Parade Calgary Stampede - rodeo Calgary Stampede - Blacksmith Competition Oppad na Medicine Hat in Alberta In Saskatchewan, naby die westelike deel van Duck Mountain Provincial Park Madge Lake, Duck Mountain Provincial Park Edited July 28, 2006 by alec Quote Share this post Link to post Share on other sites
Loerie 0 Posted July 28, 2006 (edited) Dankie Marli - dis vir ons 'n belewenis om hier in Kanada te ry en lekker om die foto's te kan deel. Vanaand het ons vir die eerste keer die noorderligte gesien en wat 'n ervaring! Ons was almal besig in die kombuis na tien en besluit toe om buite te gaan sit - dis heerlik koel hier saans. Ons sien toe twee dowwe wit strepe soos 'n reƫnboog deur die lug, maar reg bokant ons. Na 'n rukkie besef ons dis noorderligte, hoewel dit so stadig van patroon verander het, dat mens nie veel beweging kon sien nie. Die dowwe ligstrepe verander toe eventueel in een wit ligstreep wat helderder word en toe begin die ligte skielik te beweeg en sien ons die groen en pienk kleure! Dit was nou omtrent 'n skouspel! Dit was so 'n verrassing, want ons het juis gesit en gesels daaroor dat mens so iets waarskynlik eers later in die jaar hier sou kon sien. Op 'n stadium was die hele lugruim bo en om ons vol ligte - die gekleurde ligte egter reg bokant ons. Mens het jou so verkyk dat jy skoon vergeet het van die kamera. Toe dit begin verdwyn, is ons eers 'n entjie buite die dorp uit om te kyk of ons kan foto's neem. Die groot skouspel is toe oor, maar dit was baie mooi om steeds die wit ligte te sien en ook soveel meer sterre as wat ons saans in Pretoria kon sien. Om teen amper middernag buite in die veld te kan staan en net die oomblik te kan geniet was ook wonderlik. Ek is so bly my kinders kan dit alles ervaar! Edited July 28, 2006 by Loerie Quote Share this post Link to post Share on other sites