Sign in to follow this  
willem

White Rock: Kerk in die Park & Potjiekosfees, 30 Jul

Recommended Posts

willem

Liewe Vriende,

Die St. Johns Presbyterianse Kerk – White Rock nooi alle Suid-Afrikaners hartlik uit om deel te wees van die

"Kerk in die Park" en Potjiekosfees!

Wanneer?: Sondag 30 Julie 2006

Waar?: Belcarra Regional Park, Port Moody

www.gvrd.bc.ca/parks/Belcarra.htm

10vm-5nm

Dis Somer, dis lekker :) en dis GRATIS!

Kontak Beyers van Rensburg 604-476-0098

Voorlopige program:

Ons skop die dag af met Samesang 10:00 (Blaadjies sal verskaf word) en Erediens 10:30 gelei deur Ds. Willem van der Westhuisen.

Die Potjiekosfees / piekniek begin direk na afloop van die erediens.

Ons wil graag n rekord opstel vir die meeste potjies op n fees. Vir diegene wat nie n potjie het nie, skaf een aan by Serengeti Trading (#2 = $69.50 & #3 = $76.00 belasting ingesluit) Daar is n oop vuurput vir kole. Bring n graaf (of iets soortgelyks) saam om jou kole in te sit dan brand ons nie die gras nie en die parkeraad is gelukkig.

Families wat nie wil potjie nie is welkom om te braai.

Dankie Hendrik van der Walt van Hardcoals wat die charcoal vir die potjies en oop vuur skenk . Lekker hardekool uit die hartjie van Afrika! Daar sal ook charcoal te koop wees teen $10.00 per sakkie. (Hendrik skenk $5.00 van elke sakkie aan die St. Johns uitreik aksie). Bestel asb vroegtydig om teleurstelling te voorkom. Kontak Hendrik by 604-319-1958 en besoek sy webwerf by www.hardcoals.com

Bring die hele familie. Kom voed die gees en sing lekker saam!

Ons beplan 'n heerlike gesinsdag met aktiwiteite vir jonk en oud.

Kom ontmoet nuwe gesigte en kuier lekker saam met die bekendes. Die dag beloof om vol verassings te wees, wie weet, dalk wen jy n groot prys?

Potjie of braai, maak seker dat jy nie hierdie byeenkoms mis nie. Kom wees deel van die "Kerk in die Park" en grootste Potjiekosfees in Kanada. Onthou die piekniekmandjie, stoele en sambrele.

Sien julle die 30ste Julie by Belcarra!

Share this post


Link to post
Share on other sites
Jean C

Ag! Maar dit klink lekker! Wens ons het nader gebly! Geniet die dag saam.

Jean

Share this post


Link to post
Share on other sites
Nixie

Hello,

Dit sal ons eerste bywoning van so 'n funksie wees. So 'n vinnige vragie, met wie bevestig ons die hoeveelheid groepe wat teenwoordig sal wees? Siende dat dit 'n christelike byeenkoms in die Park is, wat is die gepaste 'dress-code' ?

Ons beplan om 'n groepie van (minimum) 7 paartjies saam te bring :o

Laat weet asb. so gou moontlik.

Groete,

Nixie

Share this post


Link to post
Share on other sites
Adele

Nixie,

I am no the organizer of this function, but organize most the others. On that note, My functions are usually very 'dress casual' affairs, (it is in a park close to water) and many often bring bathing suits with. I don't think this one will be any different.

Also as you are supplying your own food, you don't need to RSVP, but we usually like to have an 'unofficial' count of heads, to see if this is something we can do more often or to make it an annual affair. We also like to know numbers so that we can 'reserve' a shelter big enough.

We look forward to seeing you there

Share this post


Link to post
Share on other sites
Nixie
Nixie,

I am no the organizer of this function, but organize most the others. On that note, My functions are usually very 'dress casual' affairs, (it is in a park close to water) and many often bring bathing suits with. I don't think this one will be any different.

Also as you are supplying your own food, you don't need to RSVP, but we usually like to have an 'unofficial' count of heads, to see if this is something we can do more often or to make it an annual affair. We also like to know numbers so that we can 'reserve' a shelter big enough.

We look forward to seeing you there

Thank you Adele,

See you then!

Nixie

Share this post


Link to post
Share on other sites
willem

Hallo Nixie,

Die hele dag word beplan as 'n byeenkoms waar ons poog om mense net bymekaar te kry, 'n diens te hou in die park en net lekker saam te kuier. Die kleredrag - asb baie gemaklike kleredrag, plakkies, ens. Onthou asb ook die potjiekos of braai! Ekself gaan beslis ook gemaklik aantrek, gelukkig het selfs die ouer mense in die gemeente my al toestemming gegee om sonder 'n baadjie kansel toe te gaan. :unsure: Vanwee die hitte is ek maar geneig om soos rugbyspeler te lyk wat al amper 'n halfuur aan die rondhardloop is! :) Kom asb net en geniet die dag as medegelowiges in Christus Jesus. Sien julle daar!

Share this post


Link to post
Share on other sites
Ingrid Brunkhorst Hurrell

Baie seën vir jou en Bessie met hierdie potjiekosfees, Willem! :)

As dit enigsins soos die Kerkbasaar is wat julle so paar mnde gelede in White Rock georganiseer het, sal dit 'n uistekende byeenkoms wees.

Is honde welkom in die park?

OK, ek sien op die web blad dat honde welkom is. :unsure:

Dalk sien ons julle ook...

Share this post


Link to post
Share on other sites
Nixie
Hallo Nixie,

Die hele dag word beplan as 'n byeenkoms waar ons poog om mense net bymekaar te kry, 'n diens te hou in die park en net lekker saam te kuier. Die kleredrag - asb baie gemaklike kleredrag, plakkies, ens. Onthou asb ook die potjiekos of braai! Ekself gaan beslis ook gemaklik aantrek, gelukkig het selfs die ouer mense in die gemeente my al toestemming gegee om sonder 'n baadjie kansel toe te gaan. :) Vanwee die hitte is ek maar geneig om soos rugbyspeler te lyk wat al amper 'n halfuur aan die rondhardloop is! :) Kom asb net en geniet die dag as medegelowiges in Christus Jesus. Sien julle daar!

Hallo Willem

Dankie vir die terugvoering op my vorige vraag. Ons het darem al ontmoet by die Thanksgiving fees verlede jaar Oktober hier in die Albion Gemeenskapsaal. Maar ons sien daarna uit om jou weer te sien ;)

Ja, ek stem saam met die rugbyspeler vergelyking, dit gaan met my maar net so, dit is altyd te warm vir my.

Ek beplan om so paar vriende saam te bring, en ek glo ons gaan die dag geniet!

Groete

Nixie

Share this post


Link to post
Share on other sites
willem

Hallo aan almal. Net 'n vinnige herinnering aan die Kerkdiens in die park.

Waar?: BelcarraRegional Park, Port Moody.

Aanwysings/directions: www.gvrd.bc.ca/parks/Belcarra.htm

We hope to see a huge number of people there! The praise and worship will be in English and Afrikaans, so please try your best to attend. Ons sien met groot verwagting daarna uit om julle daar te ontvang. The message will be, Faith, hope and love - geloof, hoop en liefde. And i promise to try to preach in English and Afrikaans! :rolleyes:

Seen aan 'n ieder en elk. Blessings in the God through Jesus Christ.

Willem

Share this post


Link to post
Share on other sites
Nixie
Nixie,

I am no the organizer of this function, but organize most the others. On that note, My functions are usually very 'dress casual' affairs, (it is in a park close to water) and many often bring bathing suits with. I don't think this one will be any different.

Also as you are supplying your own food, you don't need to RSVP, but we usually like to have an 'unofficial' count of heads, to see if this is something we can do more often or to make it an annual affair. We also like to know numbers so that we can 'reserve' a shelter big enough.

We look forward to seeing you there

Moresê Adele,

Hier in Maple Ridge is daar baie donderweer gewees vanoggend en dit reèn tans redelik hard. Sal die funksie voortgaan as dit in die park ook dieselfde geval is ?

Dankie

Nixie

Share this post


Link to post
Share on other sites
willem

Goeie middag aan 'n ieder en elk!

Ek wil net eerstens 'n groot dankie sê aan elkeen van julle wat die diens en kuier in die park bygewoon het! Julle het van die samekoms een groot fees gemaak. BAIE DANKIE! Daar was so ongeveer 90 - 100 mense gewees. Van stokoud (Oeps) tot speenoud!

Aan die wat dit nie kon gemaak het nie - wel, daar was 'n versoek vanaf die kant van die mense wat dit bygewoon het, of ons dit nie sal oorweeg om dit meermale te hou nie - ons oorweeg dit ernstig en sal graag vir julle terugvoer hieroor gee.

Kom ek deel so 'n bietjie met julle oor die Sondagervaring. In voorbereiding van die dag het ons almal seker die weervoorspelling dopgehou. Die voorafgaande Sondag het ons vir God gevra om asb die dag vir ons sonskyn en weer te gee wat ons in staat sal stel om die dag saam te kan kuier tot eer van Sy Naam.

Soos die week gevorder het, het die weervoospellings ook al hoe dreigender geraak. Saterdagaand het hulle gesê 80% kans vir reën. Wat nou gemaak?

Sondagoggend vroeg, maak die Here ons mos wakker met 'n heerlike donderweer wat so diep rammel. Wat nou gemaak? Wel, een raad en dit is om vir God weer te vra vir sonskynweer sodat ons kan diens hou en heerlike potjie daarna.

Met die wegry vanuit White Rock beginne dit mos so lekker hard te reen. Ek sê toe vir Bessie en die kinders - nou is dit 'n toets vir ons geloof, ons het gevra en ons moet nou net glo dat God sal voorsien! Die reen bly egter val, die weer is soos die lied sê, dreigend en swaar! Soos ons al nader en nader aan Belcarra park kom, is daar so oop sonskynkolletjie aan die een kant. Ek sê vir almal in die motor, ek is seker dit is waarnatoe ons gaan (Ek het geen idee gehad waar die park is nie, aangesien ons nog nooit daar was nie).

So in myself sê ek vir die Here, dit sal darem 'n kragtige getuienis wees indien ons die dag kan geniet en ook 'n verhoring van ons gebede. Nodeloos om te sê, toe ons by die Piekniek area stop - heerlike sonskyn! Verhoring van gebede! Dit is net 'n bewys dat ons Hemelse Vader na Sy kinders luister! So stadigaan het die mense aangekom. Almal het hulle goed uitgepak onder die afdak vir die groot eet van later.

Toe ons met die voorsang van die Erediens begin, begin die weer mos toe te trek en so saggies te reen. Met 'n dreigende twyfel in my hart (ook net menslik), vra ek so sagkens, Here wil U nie asb u belofte aan U kinders onthou nie). Arme Marthie het so half onder die dak, half in die oopte haar musiek gespeel - Dankie Marthie.

Met die Skriflesing en gebed - wat gebeur - dit het weer opgehou reen! Die tema van die preek - geloof, hoop en liefde! So met alles tesame het ons Here aan ons gewys dat ons inderdaad geloof, hoop en liefde in Hom sal vind.

Na die diens het ons in heerlike sonskyn ons potjies gereed gemaak, heerlik gekuier en gesmul aan die heerlike etes! Daar was selfs 'n TV opname gemaak van die geleentheid wat so terloops op die 8ste Augustus op MTV uitgesaai sal word - hou gerus al die sterre dop! B)

Na die gekuiery het ons seker so teen 3nm se kant stadigaan aangestap na die motors om weer huiswaarts te keer.

Wat dink julle gebeur toe? Ja, die wolke pak saam en ons het gery net toe dit weer beginne reen het!

So, ouens, die wat alles gemis het, daar is die verhaal!

Ek glo om julle almal weer so te kan ontmoet.

Christus seen aan almal wat die verhaal lees.

Willem

Share this post


Link to post
Share on other sites
Adele

A 'few pictures' tells us the story through the eyes of the lens! If anyone onjects to their faces on here, please pm a POLITE "Please remove me" :rolleyes:

Potjie Chef at work with a smile.

post-433-1154495867.jpg

post-433-1154495776.jpg

Marthie Nel doing her thing.

post-433-1154495894.jpg

Where there is smoke there must be Charcoal....

post-433-1154495977.jpg

Just in case there was not enough Braai space...

post-433-1154496011.jpg

Beyers the one organiser, (middle with jeans and Kakhi shirt) oversees the cooking on the fire pit...

post-433-1154496147.jpg

Share this post


Link to post
Share on other sites
Heinrich

Willem, my vriend, ek is so bly die Vader het op so 'n wonderlike manier vir julle 'n opening besorg. Dit wys ons net weer hoe sterk die krag van gebed is. Ek dink ons moet ernstig bid dat die vlaag van misdaad in Suid-Afrika stopgesit kan word, want mense gaan absoluut niks daaraan kan doen nie.

Groete, ou Neef,

van Heinrich

Share this post


Link to post
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

Sign in to follow this