Sign in to follow this  
Hendie

Northern Lights

Recommended Posts

Hendie

390497033_52bd4b86fe_o.jpg

Ek het al met Dick Ebersohn hieroor gepraat, maar ek soek sommer nog menings:

Wat sou julle sê is die moontlikheid om vanaf laat April, Mei noordelike ligte by julle te sien? My skoonouers kom kuier volgende jaar daai tyd en hulle wil vreeslik graag die aurora borealis te siene kry. Indien dit dáár by julle nie te waarskynlik lyk nie, enige idees van waar ons anders kan vra? Onthou net, ons was laasjaar Alaska toe, ons willie weer só ver ry nie!

Hendie

Share this post


Link to post
Share on other sites
Kolla

Hi Hendie

Ons was gelukkig om die noorderligte in Oktober te sien hier vanaf ons huis in die NWste van Calgary. Dit was nou wel nie so duidelik soos jou mooi phodie nie, maar dit was nog steeds skouspelagtig en elke keer as ek nou saans buite is, kyk ek op en noord in die hoop om dit weer te sien.

Daars ook websites waar ouens in hulle kristalbal kyk en voorspel wanneer dit n goeie aand is om dit te sien sommer hier vanuit die stad.

Hierdie tyd van die jaar verwonder ek my aan al die Xmas liggies. Is daar dalk strate waar mens kan ry waar dit besonders mooi is hier in Calgary ? Of publiseer die koerante dalk n lys van die mooiste opgemaakte huise waar mens op n nagtoer van die stad kan gaan en sommer net kan rondry en ooo en aaa oor al die mooi daarvan?

Share this post


Link to post
Share on other sites
Bertus

Sien my boodskap in Discussions->General

Bertus

Share this post


Link to post
Share on other sites
Mossie

Hi daar Hendie,

Wel hier waar ons bly het ons dit baie gesien hier Aug/Sep/Okt rond, ons het wel eers in Julie hier in Kanada aangeland, so ons weet nie of dit vroeer ook gesien kan word nie. Die ou vir wie my man werk het vir ons gesê mens sien dit baie hier rond. Ek sal bietjie uitvind oor die maande wanneer jy in gedagte het. Wel ons het die Northern Lights College hier by ons, en dit moet ook seker iets beteken.....hahahahah! :)

Share this post


Link to post
Share on other sites
Dick

Hello Hendie en die ander wat geinteresseed is in die Northern Lights. Hier is 'n stukkie wat ek onlangs in een van die FM geskrufte ontdek het. Lees gerus en belsuit self. "Dr. Gordon Rostoker, well known Aurora researcher at the University of Alberta, states that "Fort McMurray lies within the southern portion of the zone of maximum auroral occurrence during the night-time hours". Being under the auroral oval allows for good opportunities to see the Auroras, depending only on the presence of darkness and clear skies. Statistics from Environment Canada indicate that Fort McMurray has virtually the same number of clear nights during the Aurora viewing season (October to March) as any known competing Canadian destination. Fort McMurray has the distinct advantage over other Canadian destinations of a higher mean temperature."

Soos Pierre ook inderdaad genoem het, die weer speel 'n uiters belangrike rol. As dit bewolk is (en wie kan dit noe voorspel?!!!) sien jy logies niks nie. In elk geval sou ek aanbeveel om FM ook vir die ander wonders te besoek - olie, olie, olie en natuurlik wonderlike natuurskoon! Kom kyk gerus....

Share this post


Link to post
Share on other sites
Heidi

Dagsê Hendie en al die ander lesers!

Ek weet nie of my inligting van enige nut sal wees nie, maar dis moontlik werd om te probeer.

Ons het verlede jaar by ons seun en skoondogter in Dublin, Ierland gaan kuier en sou vir 'n week saam met hulle in Skotland gaan kuier. Ek loop al van my laerskooltyd, toe ek die eerste keer van die Aura Borialis gehoor het, met die droom om dit eendag te mag sien (en blykbaar beleef!) in my kop rond.

Ek het toe op die interessante webwerf afgekom:

www.aurorawatch@samsun.york.ac.uk.

Dit is die Universiteit van York in die UK wat die diens lewer. Hulle waarsku jou via jou e-posadres as daar so 'n moontlikheid van 'n aurora bestaan. Of die waarskuwings in Kanada ook van toepassing sal wees, weet ek nie. My logika sê vir my 'ja'. Ons is immers oral op aarde aan dieselfde son en sonaktiwiteite blootgestel!

Ongelukkig was ons te vroeg Okt/Nov in Skotland en het toe nie die skouspel beleef nie. So, ek hoop en droom nog steeds! Wie weet, miskien eendag!

Ek hoop die inligting mag van nut wees.

Groete,

Heidi

Share this post


Link to post
Share on other sites
Hendie

Wil jy dit nie so bietjie daar hou tot einde April nie, ASSEBLIEF! Die kuiermense is noggie hierie!

Share this post


Link to post
Share on other sites
Hendie

Pierre ou vrind!

Baie dankie vir julle gasvryheid. Lyné en haar ouers het dit baie geniet om by julle te kon kuier gisteraand! En nou kan skoonma darem ook die T-shirt kry vir Noordelike ligte gesien!

Dankie nogmaals

Share this post


Link to post
Share on other sites
Harry

Pierre,

dis nou die een ding wat ek WAT sou gee om te sien. En toe dit gebeur het in Augustus laasjaar bo in Noordelike BC, toe slaap ek dwarsdeur dit!! Die kampopsigter by Liard Hot Springs het die volgende dag vir my gesê ons het 'n spektakel gemis.

Ek kan presies veduidelik hoekom dit gebeur en al daai "cool" wetenskpalike dinge, maar ek het dit nog nooit gesien nie! Frustrerend! Ek sal Fort Mac moet kom bekyk, lyk dit my.

Share this post


Link to post
Share on other sites
Pierre

Jy is welkom om te kom kuier.

Ek het dit moeilik gevind om vir suid afrikaners te verduidelik wat dit is. Hulle wil dit vergelyk met weerlig. Maar dit is totaal anders.

Verder noord is dit natuurlik ook te sien maar die beskawing hou op anderkant FMcM. Behalwe by Yellowknife, maar dis vrek ver.

Share this post


Link to post
Share on other sites
Harry

Stop my as ek pedanties is, maar dis hoë energie gelaaide partikels van die son af wat die magneetveld lyne van die aarde se magneetveld volg. Naby die pole is die lyne meer loodreg op die oppervlak en die goed volg hulle dan af Aarde toe. Hulle kom af in sulke gordyne. In die proses tref hulle die atome in die atmosfeer en die goed, op hulle beurt, raak vreeslik excited as hulle so geskop word word, en herstel weer terug na normaal deur lig uit te straal om van hul energie onstlae te raak.

Daar is seker meer fancy verduidelikings, maar dit werk vir my.

Share this post


Link to post
Share on other sites
Pierre

Harry ek sien nou eers jou verduideliking. Dit klink globaar. En veral as die magnetiese veldrigting so is dat die invloed by die noordpool afwaarts is en teenoorgesteld opwaarts is by die suidpool.

Dit sal verklaar hoekom die verskynsel nie by die suidpool te sien is nie (sover ek weet)

Share this post


Link to post
Share on other sites
Harry

Dis sigbaar rondom die suidpool ook...Aurora Australis...daar is maar net min lande in die Suidelike Halfrond wat naby genoeg aan die suidpool lê

Share this post


Link to post
Share on other sites
Pierre

Last night (saturday night)at 1am I captured this one. It was not very spectacular but the first time Iv seen it in mid summer. Usually the night sky is too bright in summer to see it. Also it's my first successful attempt at getting a photo of it. The new camera I have has enough exposure time to take it, ... on a tripod of course.

Edited by Hendie

Share this post


Link to post
Share on other sites
Liz

Very interesting photo!!

Edited by Liz

Share this post


Link to post
Share on other sites
Heinrich

Pierre

Hier in suidwes Manitoba net suid van die TransCanada, in Carberry (amper 50 grade noord), het ons dit ook om middernag gesien. (Manitoba, dink ek, is 1 uur voor julle.) My seun het van buite af ingekom en ons geroep om daarna te kom kyk. Ek wou dit eers nie glo nie, en het gedink dis wolke, want dit was net grys. Maar jou foto bevestig dit.

Groete

Edited by Heinrich

Share this post


Link to post
Share on other sites
Pierre

Die noordelike ligte was baie sterker voor ek die foto geneem het. Teen die tyd dat ek ge-eksperimenteer het en hierdie een foto inkry het dit al verminder, en daarna, omtrent 10 min later was dit weg.

Die uitsig word 'n bietjie bederf deur die straatligte oorkant die pad.

Share this post


Link to post
Share on other sites
Heinrich

Pierre

Gisteraand, so na 10:00 nm, het ons met die Trans Canada Highway tussen Portage la Prairie en Carberry gery, en sowaar, hier speel die mooiste vertoning weer voor ons af. Ons het eers gestop en uitgeklim om dit te bewonder. Dit was onmiskenbaar die Aurora Borealis. Daar was nie kleur in nie, maar dit was eerder grys van kleur. Dis dus sekerlik nie nodig om té ver noord te wees om dit te sien nie.

Groete

Share this post


Link to post
Share on other sites
Pierre

Die normale kleure en vorm is groen gordyne wat lyk asof die wind dit rondwaai. Jy kry die indruk van 'n musiek spel met ligte daarby amper soos 'n simfonie orkes met die dirigent by... die musiek is net afwesig.

Die sterk rooi en oranje is raar. Ek het dit slegs in Okt 2001 gesien.

Die AB verskyn omtrent elke aand in Oktobermaand.

In die somer is dit skaars.

Dit is sigbaar verder suid. Calgary sien dit soms. Maar in tye val son uitstralings (elektromagnetiese storms) is dit in die VSA en tot sover as in Texas gesien.

Share this post


Link to post
Share on other sites
Ria

Ons het die afgelope paar dae by Lac La Biche gekamp en toe Saterdagaand so teen 11 uur ook die mooiste NLights wat ek in 'n lang tyd gesien het, gesien. Dit het die hele lug vol gedans en was groen met pienk op die punte. Baie mooi!

Share this post


Link to post
Share on other sites
Pierre

Dis een van die voordele van kampering. Jy sien meer wat aangaan in die lugruim, veral as daar nie TV beskikbaar is nie.

Share this post


Link to post
Share on other sites
Pierre

11.30pm the sky was ablase. the first time Iv seen the northern lights this season.

We know it comes in October and I look out virtually every night. And tonight, suddenly, there it was. A display of green curtains and stripes waving across the sky - just too beautiful.

With the temp around 10° it was easy viewing outside.

I struggled a bit with the camera - night photography never is easy. the exposures were at 400 ASA and the timer on auto, so I dont know exactly how long the exposure was - probably arounf 16 seconds

I need to practice a bit more to get the quality right though.

anyway here is what I could capture.

post-46-1097733286_thumb.jpg

post-46-1097733301_thumb.jpg

post-46-1097733319_thumb.jpg

post-46-1097733335_thumb.jpg

post-46-1097733350_thumb.jpg

post-46-1097733358_thumb.jpg

Share this post


Link to post
Share on other sites
Harry

So I ran out to see if we could see anything down here in the far south.....no such luck!! This is the one natural phenomenon that I would most like to see ...and the one opportunity I ever had to see it ( in northern BC) in my whole life thus far, I SLEPT RIGHT THROUGH!!!

Share this post


Link to post
Share on other sites
Pierre

Most people around here also did not see the NL last night. I enquired on the bus to work. You have to be awake and not stuck at the TV or computer. Also it is usually chilly outside in the evenings around this time of year, so people dont go staring at the sky or for a walkabout.

I usually have a look outside whenever Im up at different times of night.

By the time I posted the pix and got back upstairs, the phenomenon was gone.

It was on for about 30 min.

The pix were taken from my deck, but you would get better views by driving a short distance away from the street lights and houses. The deck is fine for just viewing though.

Harry next time the lights are strong I can give you a pm or email just to see if you are also able to see from there. You may not have clear weather though which would handicap the viewing. But for the next month ahead the NL show up regularly and virtually every evening to some extrent and at different times.

Anybody else who would like to be notified can pm me and I'll send out an alert pm at the time.

Share this post


Link to post
Share on other sites
Harry

Pierre,

yes, please let me know! I might just get the message in time.

Share this post


Link to post
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

Sign in to follow this