Jump to content


Photo

steenkjw: Groete uit ...


  • Please log in to reply
17 replies to this topic

#1 steenkjw

steenkjw

    Member

  • Members
  • PipPipPip
  • 21 posts
  • SA Location:Port Elizabeth
  • Landed:Oct 2006
  • Location:Cut Knife, SK
  • Language:Afrikaans
  • Interests:Braaivleis, Rugby, Sonskyn en ...

Posted 13 March 2003 - 08:39 PM

:D Ons is al twee jaar hier in Kanada en die meeste van die tyd maar hier in Cut Knife. 'n Tipiese Saskatchewan plattelandse dorpie met al die "amenities": ice rink, curling rink, fliek, 2 banke, 3 restaurante, poskantoor, 2 motorhawens, hardeware winkel, baie verskillende kerke en moet nou nie vergeet van die wreld se grootste "Tomahawk" nie! Wat is dit tog in Afrikaans?
Ons is baie gelukkig hier en my vrou "sal my skei as ek dit waag om weer te trek!" Ons is maar nuut op hierdie forum en geniet die geselsies baie. Nie besef hoe baie ons almal maar op die ou end in gemeen het nie! Hoor graag van ander Suid- Afrikaners. Het reeds kennis gemaak (sover slegs in die kuberruimte!) met Johanna van Vancouver en stuur gereeld nou e-mails heen en weer.

Groetnis van huis tot huis.
Kobus en Marlene steenkamp


541km van Calgary af


Edited by Hendie, 16 March 2003 - 08:09 PM.


#2 Kolla

Kolla

    Platinum Member

  • Members
  • PipPipPipPipPipPipPip
  • 535 posts
  • SA Location:Wellington, Stellenbosch, Saldanha, Pretoria, Secunda, Midrand
  • Landed:Jun 1998
  • Location:Calgary, AB
  • Language:Afrikaans

Posted 13 March 2003 - 08:55 PM

Hi Kobus en Marlene

Lekker om van julle te hoor ! Dis altyd vir my baie nice om te sien waar almal hulle bevind, en dan probeer ek kyk op n kaart waar veral die klein plekkies is. Cut Knife sien ek ek toe glad nie. :D Ek sal baie graag wil weet wat julle naaste groterige dorp is.

As ons iewers heen trek, vra ek nou sommer al baie gou : Nou hoe ver sal ek nou van my geliefde Wallmart af wees ?

Al ordentlike kaart van Saskatchewan wat ek kon vind was hier offisiele ene, dalk is daar beteres.

http://atlas.gc.ca/s...emap_view_image

#3 steenkjw

steenkjw

    Member

  • Members
  • PipPipPip
  • 21 posts
  • SA Location:Port Elizabeth
  • Landed:Oct 2006
  • Location:Cut Knife, SK
  • Language:Afrikaans
  • Interests:Braaivleis, Rugby, Sonskyn en ...

Posted 13 March 2003 - 09:13 PM

Ek is te onnosel om te weet hoe om "links" aan te las vir 'n goeie kaart - maar probeer http://www.mapquest.com en gaan soek daar onder Kanada vir Cut Knife, Saskatchewan. Ons poskode is S0M 0N0 as hulle daarvoor vra! Dit is nou werkilik een van daardie plekkies: as jou hond weghol, sien jy hom volgende week nog in die verte!

:D

#4 johanna

johanna

    Silver Member

  • Inactives
  • PipPipPipPipPip
  • 123 posts
  • Location:Vancouver, BC
  • Language:Afrikaans

Posted 13 March 2003 - 10:18 PM

Hallo Kobus en Marlene

Baie welkom. Bly om julle hier te sien!!

Spuit pepper spray aan jou plakkies dan sal die hond dit uitlos!!

:D

#5 Kolla

Kolla

    Platinum Member

  • Members
  • PipPipPipPipPipPipPip
  • 535 posts
  • SA Location:Wellington, Stellenbosch, Saldanha, Pretoria, Secunda, Midrand
  • Landed:Jun 1998
  • Location:Calgary, AB
  • Language:Afrikaans

Posted 14 March 2003 - 08:52 AM

Ag baie dankie Pierre en Hendie vir julle hulp.

Dis die mooiste kaart, mens kan amper nie dink hier is so baie klein plekkies op die platteland nie, lyk kompleet soos n lappieskombers. Nou't het ook sommer gesien waar is Stettler waar Phil hulle bly. Baie lekker om so na n kaart te kan kyk. Dis darem n ongelooflike groot land waar ons nou woon.

#6 jannie

jannie

    Bronze Member

  • Inactives
  • PipPipPipPip
  • 93 posts
  • Language:Afrikaans
  • Interests:Julle is wekom om vir my e-pos te stuur by jannie@trustnet.co.za<br>Dankie vir die vriende wat ek reeds deur die blad gemaak het.<br>Pas julle mooi op!

Posted 14 March 2003 - 12:41 PM

Kyk vanaand leer ek van vrre plekke!
Kobus en Marlene dit klink beslis of julle gelukkig daar is.
Ek het dan gehoor dit is net verre vlaktes, indiane en armoede daar.
Iets soos uit die ou wilde weste rolprente!
Bly om van iemand wat regtig iets van die plek weet te hoor hoe dit daar lyk.
Groetnis

#7 dlam

dlam

    Gold Member

  • Members
  • PipPipPipPipPipPip
  • 313 posts
  • SA Location:Nam
  • Location:Edmonton, AB
  • Gender:Not Telling
  • Language:Afrikaans

Posted 14 March 2003 - 07:03 PM

Vertel ons bietjie meer van Cut Knife en wat se werk doen julle? Dis altyd vir my interessant om te sien watter beroepe het werksgeleenthede in watter dele van Kanada.

#8 steenkjw

steenkjw

    Member

  • Members
  • PipPipPip
  • 21 posts
  • SA Location:Port Elizabeth
  • Landed:Oct 2006
  • Location:Cut Knife, SK
  • Language:Afrikaans
  • Interests:Braaivleis, Rugby, Sonskyn en ...

Posted 15 March 2003 - 09:33 AM

Ons ou dorpie, Cut Knife, het net 486 inwoners, het 'n elementary skool en high school. Dit is meestal 'n boerdery gemeenskap, en natuurlik weet almal alles van mekaar af! Kobus is die dokter in die dorp, ek is 'n gefrustreerde werklose teatersuster! Ek sou baie graag wou gaan werk, maar om hier in Kanada te registreer, is erger as om aansoek te doen vir werksvisas! En dan sal ek ook nie kan "skrop" nie, net help met narkose, en watse fun is dit?
Ons is baie gelukkig in ons ou dorpie en is redelik gou aanvaar en het redelik vriende gemaak hier. Ons het 4 kinders, waarvan 3 nog in die huis is en hier plaaslik skoolgaan. Hulle het verbasend goed aangepas en wil ook niks weet van iewers anders gaan bly nie. Andre, my een seun, help in die dorp se bioskoop en geniet homself gate uit. Die fliek lyk soos 'n "barn" van buite af en kry baie aftrek, veral in die wintermaande. Die mense hier het regtig hul harte en huise vir ons oopgemaak, die kinders het eintlik 'n "granpa" en "granma" hier! Die werklike oupa en ouma is nog in Suid-Afrika, en die verlange is groot. En natuurlik is hier 'n lake ook. Die Kanadese darem, wat elke poeletjie en plaasdam 'n lake noem! In die somermaande is dit 'n groot uittrek na die lake toe, en die hele dorp vergader by die lake. By die lake is daar ook 'n 9-putjie golfbaan, baie mooi en word goed versorg, en die gogga het Kobus behoorlik gebyt! Hy wil net golf speel, soms in die huis ook. Die winter is hoeka te lank en besig om in te meng met sy golf! Ons naaste groot dorp is North Battleford. Die is so 50km noordoos van ons. Lloydminster is sowat 90 minute se ry na die noordweste toe, en Saskatoon twee ure se ry suidoos van ons af. En moet nou nie vergeet dat North Battleford 'n Walmart het nie. Ek dink dit alleen hou 'n Suid-Afrikaanse vrou, of is dit nou enige vrou? gelukkig! Dis nou Kobus wat ingetjip het, die kinders s mos dis ma se gunsteling-winkel. Ons hoop dit bring julle so 'n bietjie in die prentjie in - ons laat weet weer van ons.
Groetnis
Kobus en Marlene

#9 jannie

jannie

    Bronze Member

  • Inactives
  • PipPipPipPip
  • 93 posts
  • Language:Afrikaans
  • Interests:Julle is wekom om vir my e-pos te stuur by jannie@trustnet.co.za<br>Dankie vir die vriende wat ek reeds deur die blad gemaak het.<br>Pas julle mooi op!

Posted 15 March 2003 - 09:51 AM

Dankie vir die beskrywing. Die Kanadese klink beslis na 'n hartlike klompie mense. Ek is bly as julle gelukkig is daar.
Groetnis.

#10 Kolla

Kolla

    Platinum Member

  • Members
  • PipPipPipPipPipPipPip
  • 535 posts
  • SA Location:Wellington, Stellenbosch, Saldanha, Pretoria, Secunda, Midrand
  • Landed:Jun 1998
  • Location:Calgary, AB
  • Language:Afrikaans

Posted 15 March 2003 - 10:48 AM

Marlene, ekt nou so lekker gelag oor North Battleford se Wallmart en jy B)

Ek het al regtig gewonder hoekom die baie suksesvolle Wallmart nie wil takke oopmaak in SA nie, hulle is mos die wereld se grootste kleinhandelaarswinkelgroep as ek reg onthou. Dit sal so n aanwins wees.

Baie dankie vir die oulike beskrywing van julle kontrei. Mens kan seker visvang ook in die lake ne. Ek sal nog graag eendag n Kanadese vis wil vang.

#11 steenkjw

steenkjw

    Member

  • Members
  • PipPipPip
  • 21 posts
  • SA Location:Port Elizabeth
  • Landed:Oct 2006
  • Location:Cut Knife, SK
  • Language:Afrikaans
  • Interests:Braaivleis, Rugby, Sonskyn en ...

Posted 15 March 2003 - 12:48 PM

Ek moet gou hierdie storietjie ook vertel. Hier is 'n Hutteriete kolonie noordwes van die dorp en hulle doen baie van hulle besigheid in ons dorp en "dokter" ook hier by ons in die dorp. Hulle het 'n bedrywige melkery en dus 'n redelike beesstoet. Op die oomblik is dit kalftyd en is daar heelwat nuwe aankomelinge. Hulle word net na geboorte afgedroog en dan uitgejaag buite toe. Met die kwaai koue wat ons verlede week nog beleef het, vries die goedjies se ore dan en moes daar noodgedwonge plan gemaak word. Een van die Hutteriete kuier gereeld hier by Marlene as hulle nou so dorp toe kom en sy vertel toe vir Marlene dat hulle oormoffies maak vir die kalfies om hulle ore warm te hou en te keer dat hulle nie"frostbite" kry nie. Van die koeie se spene vries glo ook in die koue, so Marlene dink nou al daaraan om speenmoffies maak, om hulle uit hul verknorsing te help. Haha, ek sit hierlangs hom, en kan baie duidelik in my geestesoog die klomp koeie met helderkleurige mowwe vir die spene sien... Dink net aan die goeie besigheid wat ek kan begin! 'n Ander vrou vertel nou die dag by die spreekkamer vir my hulle "duct tape" net die ore aan die koppe vas en draai dan 'n klomp tape om die arme koei se kop en dit help ook! So 'n koei vang seker nie M-Net op nie? :D Die Hutteriete is baie soos die Amish van Amerika, maar hulle maak baie meer gebruik van moderne tegnologie as dit by boerdery kom. Hulle besit nie TV's nie en die kinders kom kyk by die kliniek as hulle daar is. Hulle praat 'n tipe van Duitse dialek op die kolonie en met mekaar en maar ook Ingels met die res van die dorp. Mossie, ek sien julle is af die plaas af. Miskien is dit 'n antwoord vir julle gevriesde spene en ore? :o

#12 Liz

Liz

    Nova Scotia Host

  • Hosts
  • PipPipPipPipPipPipPipPipPip
  • 1,181 posts
  • SA Location:Alberton
  • Landed:May 2004
  • Location:Halifax, NS
  • Gender:Female
  • Language:English
  • Interests:I love reading, walking on the beach and crafts. Latest crafts- spinning yarn, weaving and wet felting!

Posted 15 March 2003 - 01:09 PM

Ek kan net dink hoeveel speen moffies gemaak sal moet word!!!! :D
Dana vra wat van die bulle.......? :o :D Ha!Ha!

Edited by Liz, 15 March 2003 - 01:09 PM.

Liz

#13 koeksister

koeksister

    Member

  • Members
  • PipPipPip
  • 34 posts
  • Location:Garden Hill, MB
  • Language:Afrikaans

Posted 19 March 2003 - 07:54 AM

hallo

Jule het baie goed vir so n klein dorpie. Ek het n jaar gbly in preeceville,sask. So 100 vanaf yorkton, naby manitoba grens en daar was 1250 mense en ons het een winkel gehad en nie n fliek nie.

Ek het ook in die local 10 bed hospitaal gesuster en die papier werk het maar lank gevat. Maar sask. het noou n goeie kontrak en mens kan net casual of perttime werk as jy wil.

Lekker bly
koeksister

#14 johanna

johanna

    Silver Member

  • Inactives
  • PipPipPipPipPip
  • 123 posts
  • Location:Vancouver, BC
  • Language:Afrikaans

Posted 19 March 2003 - 10:55 PM

Hallo Kobus en Marlene

Lekker lag ek nou vir die Hutterite storie. Ons was genooi na 'n Hutterite troue toe net daar buite Swift Current toe ons daar gewoon het en dit was in die middel van die winter. Daardie spesiefieke dag was die tem. -44 grade met die "windchill". Julle moes vir Johanna in haar Sunday best en 5 duim hoe hakke swart suede puntjie skoene en lang romp met so lekker slip tot by die knie hier langs die been...deur daardie sneeu sien ploeg. As julle ooit so iets kan bywoon, doen dit gerus, dit hou aan vir ewig en ons het so homebrew bier en wyn gesuip laat ek sommer die volgende dag met een of ander ou Hutterite priester se nommer 11 1/2 rubber boots en een van daar ronde swart home made keppies van hulle by die huis aangekom het en" some"soort van gehekelde baie bright pink en groen kombers om die skouers.

Die groot baas van die kolonie wou net he Jean moet homself convert na 'n Hutterite (good breedingstock nogal het die ou man gese) maar hy het ook in dieselfde asem gese..."your wife you will have to leave behind because she will be kicked out of the colony very quickly"


Daarna het die ou Hutterite ou man wat dit nogal gese het gereeld daar by my huis opgedaag met sulke brandmaer "Fryer" hoenders wat jy nie durf waag kook of braai nie want daardie hoender raak net al hoe taaier. Toe vind ek uit by die nurse wat oorkant die pad van ons gewoon het, jy moet hierdie hoenders "inle"

Nouja mense, het julle al 'n ingelegde hoender in 'n 'canning jar gesien" Ek het my doodgeskrik toe Elaine (die nurse) hierdie sak hoenders wat ek vir haar gegee het klaar ge"can" het en vir my so twee bottels oorbring. Dit lyk soos ingelegde babas. Ek kon nie eers die bottels weggooi nie...ek het gewag tot manlief by die huis kom en vir hom gevra om die gebottelde hoenners agter in die jaart te gaan begrawe.

Die ondervindinge darem wat ons deurgemaak het!!! Iets wat ek vir altyd sal oor lag en vir my kinders kan vertel.

#15 steenkjw

steenkjw

    Member

  • Members
  • PipPipPip
  • 21 posts
  • SA Location:Port Elizabeth
  • Landed:Oct 2006
  • Location:Cut Knife, SK
  • Language:Afrikaans
  • Interests:Braaivleis, Rugby, Sonskyn en ...

Posted 21 March 2003 - 10:51 AM

Johanna, ek het gelag dat die trane rol! Hulle is voorwaar 'n klompie op hul eie! Ons het 'n groot ou crab-apple tree agter in die erf, en somertyd kom pluk hulle gewoonlik appels om hul eie wyn te maak. Dis potent! Na een van die vrouens in die Kolonie gekraam het, is ek genooi om na die baba te gaan kyk, en sommer vir middag-ete te bly. En so tussendeur die ete, het die vrouens wat almal in die huis was, wyn gedrink. Ek is ook 'n glasie aangebied, en wel wetende dat alkohol nie met my akkordeer nie (ek steek my arme man gereeld in die skande na 'n glasie wyn!), het hierdie wille wyn my vreeslik vrolik aan die verkeerde kant van die kar laat inklim, en ek het dorp toe gery sonder om een keer te verdwaal! Ek het redelik gereeld in ons groot dorp verdwaal... toe ons verlede somer terug was SA toe, het ek omtrent 'n tas vol Hutterite-sokkies huis toe gevat - ek kon amper die hele Kroonstad uitrus met dik sokkies! Hulle het kom smous, en ek het te sleg gevoel om nee te s, met die gevolg, nadat my gesin almal sokkies gekry het, het ek maar nog, en nog, en nog meer! sokkies gekoop! En ek moes vir hulle TWEE EN TWINTIG(!!!) meter swart materiaal van die huis af saambring - sien, ek het hierdie enigste ou swart nommertjie in my kas, en ongelukkig trek ek die ding aan die dag toe ek genooi is om na die baba te gaan kyk, en ek is amper rok-loos van die kolonie af! Hulle is mos oor swart erger as 'n klonkie oor 'n bollietjie nollies! Ek eis om te dink wat kon gebeur het as ek nog wyn gedrink het...
Groetnis,
Marlene.

#16 johanna

johanna

    Silver Member

  • Inactives
  • PipPipPipPipPip
  • 123 posts
  • Location:Vancouver, BC
  • Language:Afrikaans

Posted 21 March 2003 - 04:48 PM

Hendie..hoe heg 'n mens 'n kiekie aan jou boodskap? Ek gaan bietjie kyk of ek nie daai troue kiekies van die Hofers kan opspoor in 'n box en dan sal ek een pos.

Self die trourokke is nie eers anders as die rokke wat hulle elke dag dra nie. Maar partietjie man hierdie mense kan vir jou 'n ding of twee leer!

#17 Trudie

Trudie

    Junior Member

  • Members
  • PipPip
  • 5 posts
  • SA Location:Bloemfontein
  • Location:Vermillion, SD
  • Language:Afrikaans

Posted 24 March 2003 - 06:10 PM

Steenjw, dit is vir my interessant om jou stories oor Cut Knife te lees. Ons het van Augustus 1990 tot Junie 1991 in Cut knife gewoon - my man was ook die dokter daar. Ons is van Cut Knife na South Dakota waar ons nog steeds woon. Jy is reg, Cut Knife is 'n vriendelike dorpie en die mense het ons ook sommer onmiddellik "aangeneem". Ek verkies South Dakota - of sal ek liewer se, ek het onmiddellik tuiser gevoel in Amerika as in Kanada. Ek is seker besig om my kop baie diep in 'n byenes te steek hier, maar ek vermoed dit hang maar van elkeen se persoonlike voorkeure af. Ek sal in elk geval altyd met goeie herinneringe terugdink aan ons 9 maande in Cut Knife en ek hoop ek sal weer eendag 'n paar dae in Banff en Jasper kan deurbring. Terloops, toe ons daar was, was daar nog nie 'n Walmart in North Battleford nie - tel julle seeninge! Ek het ook baie makliker Saskatoon toe gery as na Lloydminster - vir die bietjie verder ry was die shopping net soveel beter:) Is Roger Menegre (sp?) nog die burgemeester en wat is die naam van die lake nou weer?

Net vir interessantheid - in die paar maande net voor ons in Cut Knife aangekom het, het 'n tornado die plek getref, 'n groot gebou (ek dink dit was die motorhandelaar of die John Deere agentskap of soiets) het afgebrand en daar was 'n bankroof - nogal 'n besige jaar vir so 'n klein dorpie! Ek het nou die dag weer op een van die T-shirts afgekom wat ewe plegtig aan ons oorhandig is toe ons daar aangekom het. Op die rug staan - "We survived...." en dan is daar cartoons van die drie gebeurtenisse wat plaasgevind het. As jy die storie nog nie gehoor het nie en daar werk nog van dieselfde mense in die bank, kan jy hulle gerus vra om jou te vertel. Die interessantste was dat hulle al 'n week voor die roof inligting gehad het dat dit sou plaasvind en dat die speurders agter die toonbanke weggekruip het en die rowers lelik verras het toe hulle uiteindelik opdaag.

#18 steenkjw

steenkjw

    Member

  • Members
  • PipPipPip
  • 21 posts
  • SA Location:Port Elizabeth
  • Landed:Oct 2006
  • Location:Cut Knife, SK
  • Language:Afrikaans
  • Interests:Braaivleis, Rugby, Sonskyn en ...

Posted 24 March 2003 - 07:34 PM

Hello Trudie

Jong, en ht ons nie van die Kloppers gehoor al terwyl ons hier was nie!! Jy sal nie raai wat die klomp alles gesels nie! Nee, ek spot sommer. Hulle praat baie "fondly" van julle. Almal praat nog steeds van die tornado, maar die bankroof is nie so welbekend nie. Die Findlays het die "garage" gehad en is nogsteeds in die dorp. Marlene is groot plle met Leonore Findlay en sy is die "ouma" van wie ons al vroer gepraat het. Roger Menegre is nie meer die burgemeester nie en woon deesdae in North Battleford. Hy is 'n eiendomsagent daar. Sy vrou bestuur een van die "Subway"s daar. Ons woon hoeka in hulle ou huis. Klein wreld, wrintie!

Groete daar in die "States"!
Kobus en Marlene




0 user(s) are reading this topic

0 members, 0 guests, 0 anonymous users