Sign in to follow this  
Liz

RECIPE NEEDED - Urgent

Recommended Posts

Liz

Does anyone have a 'tried and tested' recipe for the rusks? I would appreciate it, if someone could share it with me.

Share this post


Link to post
Share on other sites
Theuna

Liz - ek dink ek het dit al hier op die forum genoem, maar die maklikste manier om vinnig 'n resep in die hande te kry is om na NEws24.com se website toe te gaan en dan daar op hulle Food24.com te kliek en dan vul jy net Butter Milk in by die search en voila! Jy sal sommer baie resepte kry!

Hoop dit help

Theuna

Share this post


Link to post
Share on other sites
Liz

Dankie..ek sal gou daar gaan kyk.

Share this post


Link to post
Share on other sites
Liz

Ek het sommer 'n klomp resepte daar gekry....dankie.

Share this post


Link to post
Share on other sites
Cathy K

My eerste karringmelkbeskuit in Kanada was 'n volslae mislukking. Ek het bietjie vergeet van die baie sout wat die Kanadese in hulle bruismeel gooi.

As jy 'n resep gebruik waarvan bruismeel 'n bestanddeel is, maak jou eie:

500 gram "All purpose Flour"

20ml kremetart

10ml koeksoda.

Sif alles tenminste vier keer saam.

Kremetart is vrek duur, maar ek kon dit bietjie goedkoper by die "bulk" afdeling van Save-on-Foods" kry.

Cathy K.

Share this post


Link to post
Share on other sites
johanna

Hallo Katjiepiering

As jy nog steeds soek na 'n beproefde karringmelk resep ek het 'n baie lekker baie maklike een wat ek vir van my vriendinne al gegee het wat nog nooit in hulle se lewe beskuit gemaak het nie en dit het baie lekker uitgekom. Dit is ook sommer 'n baie lekker resep. Dit is amper onveilbaar so as jy nog steeds 'n resep soek dan kan jy vir my laat weet en ek pos vir jou myne hier op die forum.

Share this post


Link to post
Share on other sites
Cathy K

Baie dankie, Johanna, ek sal graag jou resep ook wil probeer.

Sedert ek die bruismeelgedoente uitgeklaar het gaan dit sommer stukke beter. Nou werk my ou resep weer.

Ek was so boos dat ek sommer vir die vervaardigers geskryf het en gevra het hoekom gooi hulle soveel sout by hulle bruismeel. Toe laat weet hulle dis die Kanadese smaak en basta met die res.

Weet jy hoe proe sout tjoklitkoek? Dankie tog vir "Kook en Geniet" se bruismeel resep.

Groete.

Cathy K

Share this post


Link to post
Share on other sites
johanna

Amper onveilbare karringmelk beskuit

1.24 kg koekmeel (All purpose flour)

10 ml bakpoeier

10ml koeksoda

10 ml kremetart

10ml sout

250 gr. margarien (ek gebruik helfte botter en helfte margarien)

125 ml pitlose rosyne (1/2 koppie)

2 eiers

375ml suiker (1 1/2koppie)

500 ml karringmelk

250ml olie

Meng meel, bakpoeier, koeksoda, kremetart en sout in 'n bak. Sny margarien en botter in klein stukkies en vryf in meelmengsel in totdat dit soos fyn broodkrummels lyk. Voeg rosyntjies by. Klits eiers, suiker, karringmelk en olie saam. Voeg by meel-en -botter/margarienmengsel en meng om ' stywe deeg te vorm. Maak bolletjies en pak styf teen mekaar in gesmeerde broodpanne. Bak vir 45 minute by 180 C of 350 C. Keer die panne uit, laat afkoel en breek in beskuite. Droog oornag in die oond by 125 F. Laat heeltemal afkoel en bewaar in lugdigte houers.

Die deeg is nie baie baie styf nie en ek verdubbel die mengsel dan maak ek helfte sonder rosyntjies en helfte met rosyntjies want my kinders eet niks wat met rosyntjies gekook of bebak is nie.

Hoop jy kom reg met die een en geniet dit.

Lovies

Johanna

:rolleyes:

Share this post


Link to post
Share on other sites
jmrossouw

Ek wil graag die beskuit bak, maar weet nie wat's kremetart in "english" nie .... Het soveel SA kook boeke, maar sukkel so om die goed oor te vertaal.

Dankie Michelle ;)

Share this post


Link to post
Share on other sites
Guest Sigh

Cream of tartar - usually found in "bulk bins" at Bulk Barn and Dominion ( in Toronto area)

Share this post


Link to post
Share on other sites
johanna

You can buy cream of tartar at Safeway, Superstore, Save On Foods or IGA. It comes in a little blue and white box and made by Gillett's. You can but the 2 oz/57g box or there is a little bigger one as well but I find the 2oz box quite sufficient. (at the baking supplies alley)

Hope that helps.

Lovies

Johanna ;)

Share this post


Link to post
Share on other sites
Wollie

Dankie Johanna. Ek het nou inspirasie om karringmelk beskuit te bak en gaan dit net vandag probeer. My eerste probeerslag in Kanada was so sleg dat dit nie eers in water wou sag word sodat ek dit vir die eekhorinkies kon voer nie. My Roly-Poly poeding uit Kook en Geniet wou ook nie werk nie. Enige hulp daarmee?

Groete uit Calgary.

Share this post


Link to post
Share on other sites
miena

Hi Hannetjie,

Dit klink vir my day jy net so sukkel soos ek met die bak. My ma (toe sy hier kuier) het ook gesukkel en gese dat sy dink dit het iets te doen met die suiker (sy se dit is fyner hier as SA) en die eiers (extra large vir haar het gelyk soos medium). So haar advies, minder suiker en meer eiers...

Share this post


Link to post
Share on other sites
johanna

Wollietjies en Mienatjie

Dit werk so...as jy all purpose flour gebruik, moet jy so kwart koppie minder meel gebruik as wat die resep se veral as jy nie te naby die kus woon nie. Of jy moet 1/2 koppie meer vloeistof gebruik as wat jou resep se. Hoe nader aan die kus....as jou resep roep vir arguments onthalwe 45 minute baktyd...toets jou koek of koekies of beskuit na so 35 minute. Dit bak gouer gaar nader aan die water as weg van die water. Seker maar te doen met "gravity" ek weet nie. As jy jou brood of beskuit bo op tik en dit klink hol is dit gaar haal dit onmiddelik uit of natuurlik as die toetspen skoon uitkom. Met karringmelk beskuit kan die toetspen nog so kleine bietjie klammigheid aan he want jy gaan dit in elke geval uitdroog oornag en dit werk nogal vir die extra klammigheid.

Lovies

Johanna :D:D;)

Share this post


Link to post
Share on other sites
Wollie

Johanna, jy is 'n ou doring om al die dinge te kon uitvind. Jy klink of jy 'n Resepte Wetenskaplike is met al die eksperimente wat jy gedoen het. Ek is 'n laboratorium doedie maar met bak-en-brou gee ek op as die eerste keer 'n flop is. Dis waar dat die suiker en meel veskillend is. As ek melktert maak gebruik ek heelwat minder suiker as wat die resep sê anders is dit tog te soet. Vir die melktert kors gaan ek die meel verander soos jy voorstel, want my deeg was droog en netnie dieselfde nie. Ek het toe maar besluit om bokse bevroëre korse te koop, maar dis nie dieselfde nie. Nou het ek weer moed om te probeer. Het toe nou vandag nie by beskuitbak gekom nie, maar more is die dag. My bek water vir die beskuit en koffie vroeg in die oggend as mens die slaap nog so uit die oë vee.

Share this post


Link to post
Share on other sites
Galpil

Johanna, die volgende probleem is die uitdroog - vir hoe lank en teen watter temperatuur droog jy uit?

groetnis

Share this post


Link to post
Share on other sites
johanna

Ek stel my oond so op bietjie minder as 100 grade C as ek dit oornag uitdroog en probeer om nie jou onderste rak te na aan die onderste element te sit nie anners het jou beskuit sulke lekker bruin "toast" strepeies aan die een kant. Maar nie te wel dit smaak nog steeds lekker. As jy dit oornag insit moet dit ten minste 12 ure in die oond wees teen die temp. wat ekke genoem het.

Hoop jy kom reg. :D;):P:D

Lekker eet en ek is ook nou al so lus vir die lekker goed ek gaan sommer nou ook my eie baksel aanmaak.

As julle my resep gebruik wat ek gepos het, gebruik tog maar regte botter dit maak 'n groot verskil in die smaak en tekstuur van die beskuit!

Edited by johanna

Share this post


Link to post
Share on other sites
miena

Johanna,

Baie dankie..maar o genade, klink vir my Wolletjies en ek is gebore sonder "bakvingers". So vir die wat dit nie reg kry nie en lus is vir "dump in koffie", dan doen Biscotti ook goed. Jy kan dit koop "gewoonlik" by Dominion of meeste koffie-winkels. Johanna, jy sien ek het nooit moeite gedoen om te leer nie, want daar was altyd die "Tuisnywerheid".........Ai...aggggghhhh hoekom is hulle nie hier nie....ek huil sommer. :D:D

Share this post


Link to post
Share on other sites
Hannetjie

Johanna, baie dankie vir hierdie wonderlike resep. Ek het dit vanoggend gebak en dit het uit die boeke gekom. Dis besig om uit te droog in die oond en die huismense sal beslis vannaand beindruk wees met my. Ek sukkel nou al twee jaar lank om weer ordentlike beskuit gebak te kry. Vir almal wat nog gewonder het oor Johanna se resep - gaan bak dadelik!

Share this post


Link to post
Share on other sites
Wollie

My karringmelk beskuit is in die oond. Nog 30 minute en ek sal weet of dit 'n sukses is. My kombuis is meel net waar jy kyk. My sokkies is ook vol meel en my bloes is besmeer. Ek gaan weer leer bak - ek kon lank, lank, gelede. Ek dink my beskuit deeg was bietjie slap - moes nog 'n koppie meel byvoeg. Johanna, ek sal nie vir jou beskuldig as my beskuit nie lekker is nie. Miena en ek het blykbaar nie beskuitvingers nie. Aanhouer wen, en ek sal weer probeer as dit nie goed is nie. Sal later rapporteer. Intussen wag ek angstig vir die resultate.

Share this post


Link to post
Share on other sites
Wollie

Johanna, my karringmelk beskuit is uit die oond. Dis 'n meesterstuk!!! Oeee, die aroma in die huis is net fantasties. Dankie vir die resep!!

Share this post


Link to post
Share on other sites
Wollie

Johanna, my beskuit is uit die oond. Dis 'n meesterstuk. Ek het een afgebreek en sommer so warm verslind. Heerlik. My selfvertroue is herstel. Miena, jy kan die resep probeer. Hy werk! Die aroma in die huis is ongelooflik. Net wat mens op die reënerige dag nodig het

Dankie vir die resep, Johanna.

Share this post


Link to post
Share on other sites
johanna

:D:D:P:o;)

Kyk nou net hoe maklik was dit en is ek tog so bly ek kon help!!

Geniet elke oomblik daarvan en

"I'll take a bow :ilikeit::P

Lovies

Johanna

So bly ek kon iemand gelukkig maak!!

Share this post


Link to post
Share on other sites
debbieD

I made the rusks from your recipe, Johanna. It came out great! Even though I didn't have raisins - I substituted it with muesli. It is drying at the moment, so we will be able to eat them tomorrow.

Thanks for the recipe! :ilikeit:

Share this post


Link to post
Share on other sites
Guest Guest

Hier is een wat werk - maak die brismeel deur meel en bakpoeier te meng - ek dink daar is 'n resep êrens daarvoor.

Beskuit resep:

Bestandele:

• 1.5kg bruismeel

• 2 koppies suiker

• 2 teelepels sout

• 2 eetlepels bakpoeier

• 1 eier

• 'n Derde koppie olie

• 500 ml karringmelk

• 500 gram margerien

• 'n Halwe koppie sonneblomsaad (obviously sonder die doppe, anders crunch die beskuit al te veel)

• 1 koppie semels

• 'n Halwe koppie sultanas, ek sny dit fyner en week dit in kookwater vir 'n rukkie.

• Of jy kan, in plaas van die boonste drie, sommer twee koppies Nutty Wheat of ander Meusli ingooi.

Jy kan maar rondspeel met wat jy byvoeg, meer van een, minder van die ander en sekere goed selfs uitlos.

Metode:

• Meng eers al die droeë bestandele saam in 'n groot bak (soos in GROOT)

• Maak die margerien lekker sag in die mikrogolf of son

• Meng die margerien goed in die droeë bestandele in tot jy 'n fyn korrelrige tekstuur het.

• Meng die olie, eier en karringmelk in 'n mengbak en voeg dit by die droeë bestandele

• Nou kan jy dit met 'n menger meng as jy een het wat dit kan doen, so-nie, gebruik 'n houtlepel en daarna jou hande.

• Rol in bolletjies helfte so groot soos golf balle en pak styf in gesmeerde brood pannetjies. Sit bietjie olie elke nou en dan op jou hande om te keer dat die deeg vassit

• Bak op 'n redelike hoë oondrakkie teen 180°C vir 30 min.

• Haal uit, gooi uit pan na so drie minute en laat toe om bietjie af te koel op ‘n rakkie.

• Breek beskuite los van mekaar en pak uit op oondpannetjies en laat droog teen so 50 - 70°C oornag.

Share this post


Link to post
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

Sign in to follow this