Sign in to follow this  
Christine Viljoen

How is it in Fort McMurray(any people from Witbank

Recommended Posts

Christine Viljoen

:unsure: Dankie vir al die mense wat reply.

Is daar enige een van julle wat in Fort McMurray of Fort St. John bly. Hoe lyk dit daar. Ek het foto's gesien van mense wat se karre toe is onder die sneeu. Dit lyk nie goed nie,Ha Ha Ha.

Ek is nog trots om te braai en nog nie te barbecue nie(Joke) :angry:

Share this post


Link to post
Share on other sites
Jakkals

Hi

Ek bly nou al vir die afgelope 3 jaar in FMM (Fort McMurray) en dis nie 'n te vrot plek om in te bly nie ;)

Ek het jou ander posts gelees en moenie oor die skool hierso worry nie. Ek het in die middel van Gr9 (Julie) uit SA gegaan en toe in September hierso met Gr10 begin. Ek het nou (Junie) klaargemaak met Gr12. Daar's 'n paar goed wat jy leer wat anders is as in SA, maar oor die algemeen het ek nie gesukkel nie en al die ander SA kinders wat ek ken het ook nie gesukkel nie. Ek het hierso beter punte gekry as wat ek in SA gekry het, my gemiddeld was baie hoer. En as jy hierso skoolgaan kan jy nog vir beurse ook aansoek doen. Bv as jou gemiddeld 85% of meer is kan jy aansoek doen vir 'n Beurs by The University of Alberta. My Gr11 gemiddeld was 91% en ek het 'n $2750 beurs by hulle gekry. En as jy in Gr10,11 &12 'n gemiddeld van 80% of hoer het kan jy 'n max van $2500 kry as jy vir die Rutherford Scholarship aansoek doen (dis 'n baie maklike beurs om te kry). En as jou ouers op die myn (Suncor of Syncrude) werk kry kan jy daar ook 'n beurs kry. Die voordele aan om hierso jou hoerskool klaar te maak is baie meer as wat jy dit in SA doen. En dis dan baie makliker om by 'n Universiteit of College in te kom. Of as jy nie in daai rigtings belangstel nie en liewers in 'n "trade" wil ingaan dan is FMM die perfekte plek. Jy kan hierso as a apprentice op een van die myne werk en so jou kwalifiseer as bv 'n elektrisien, welder, mechanic,ens. Dis 'n baie goeie program as dit is wat jy wil doen.

FMM word koud en ons kry so voet of twee sneeu per jaar, maar nie naastenby so baie soos in die ooste van Kanada nie! Die karre staan toe onder die sneeu want baie mense parkeer hulle karre in die straat ( nie in hulle garage nie, die is vol ander goed) en dan sneeu dit en die kar le onder die sneeu.

Wanneer kom julle?

Het jou pa al 'n werk hierso?

Eileen

Share this post


Link to post
Share on other sites
Christine Viljoen

Ek weet nie wanneer ons gaan trek nie , behalwe dat dit in die volgende 2-6 maande is.My pa het al ñ werk.

Dimitri

Share this post


Link to post
Share on other sites
Christine Viljoen
Hi

Wanneer kom julle?

Het jou pa al 'n werk hierso?

Eileen

Hi Eileen,

Watter skole is daar in FMM? Ek is nou in Gr11 in SA. Ons het op die internet gekyk en dit lyk of die enigste skool wat vir Gr 10 - 12 is Westwood High School is. Is daar enige ander skole?

Ons behoort binne die volgende 10 tot 12 weke daar te wees. :lol:

Dimitri

Share this post


Link to post
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

Sign in to follow this