Sign in to follow this  
Nannette

Jannie du Toit en Christa Steyn

Recommended Posts

Nannette

Jannie du Toit en Christa Steyn

bied aan

Jannie en die Tannie

2005 Kanadese toerplan:

Vancouver - Saterdag, 1 Oktober - Sarona : vivavoce[at]telus.net

Saskatoon - Vrydag, 7 Oktober - www.saskcent.com. Marius : mariusroos[at]shaw.ca

Calgary - Saterdag, 8 Oktober - UofC-campus ticket sales. Tel (403)220-7202

Winnipeg - Sondag 9 Oktober - Nannette : nannettedewaal[at]shaw.ca

Toronto - Maandag, 10 Oktober - Karen : jctheron[at]rogers.com

(Meer inligting oor die Calgary konsert later in hierdie boodskap.)

Vir meer inligting oor die Amerikaanse been van hierdie toer asook meer konserte in Kanada, kyk asseblief na die webblaaie www.christasteyn.co.za of www.janniedutoit.co.za.

Alternatiewelik, kontak Nannette de Waal in Calgary - nannettedewaal[at]shaw.ca

Christa Steyn en Jannie du Toit vier met JANNIE EN DIE TANNIE hulle twintig jaar saam op die verhoog. Die program vertel die verhaal van ‘n lewenswyse troebadoer en 'n effe afwesige pianis wat saam uit hulle misverstande leer dat humor die seer kan versag, en dat liefde in die kleinste gebaar van menslikheid teruggevind kan word. Dit is die soort vermenging van lag en traan wat die gehoor by die deur laat uitloop met 'n gevoel dat 'n bietjie vertroue in die mensdom tog nie so misplaas is nie.

JANNIE EN DIE TANNIE het gehore vanjaar in Oudtshoorn en sedertdien op tientalle plekke dwarsoor Suid-Afrika bekoor met baie nuwe materiaal, steeds met dié gesoute tweetal se kenmerkende eienskap van kwaliteit en plesier.

Na 'n uiters suksesvolle besoek aan Kanada en die VSA in 2002 onderneem Jannie en Christa weer 'n reis, maar hierdie keer gaan wys hulle as deel van die toer tussendeur vir 'n klompie bevoorregte Suid-Afrikaners 'n deel van die wonderlike wLreld wat hulle die vorige keer daar ontdek het: van Vancouver af deur die Rockies na die cowboy-wLreld van Calgary en vanaf Toronto al langs Lake Ontario tot by die Niagara valle. Cul-TurAfrica, 'n reisagentskap wat kultuurtoere in Suid-Afrika en in die buiteland aanbied, sorg vir 'n uitmuntende pakket.

Vir meer detail oor die toer wat aangebied word, loer gerus na www.christasteyn.co.za of www.janniedutoit.co.za

--------------------------------------------------------------------------------

Die Calgary konsert van Christa Steyn en Jannie du Toit, vind plaas op 8 Oktober om 7:30 in die Eckhardt-Gramatté saal by die Universiteit van Calgary. Kaartjies is NOU beskikbaar by die universiteit se kaartjiekantoor - (403)220-7202. Dis bespreekte plekke - skakel gou vir die beste sitplekke. Die Eckhardt-Grammatté is in die Rosca Sentrum op die U of C kampus. ‘n Kaart van die kampus is in die Calgary wit-bladsye of skakel (403)290-4900 (opsie 5) vir ‘n gefaksde kaart.

Kaartjies is $38 elk en sluit ‘n ligte vinger-ete in, na die konsert. Daar sal ook ‘n kontant kroeg beskikbaar wees voor en na die konsert en kinderoppassing tydens en na die konsert. Bespreek asseblief kinder-oppassing vroegtydig - nannettedewaal[at]shaw.ca of (403)217-6612.

Tot 7 September is daar ‘n blokbespreking vir verblyf by die Hampton Inn Suites - Northwest, wat gerieflik naby is aan die Universiteit, die C-trein stasie en Kensington met al sy interessante winkeltjies en restaurante, soos die Broken Plate.

Jabulani Restaurant berei spesifiek ‘n Suid Afrikaanse Thanksgiving-ete voor vir Sondagmiddag. Bespreek vroegtydig.

Kom geniet Thanksgiving in Calgary saam met ander Suid Afrikaners.

Hampton Inn Suites - (403)289-9800 / www.hamptoncalgary.com

Broken Plate Restaurant - (403)283-6300

Jabulani - (403)228-4535

UofC Ticket Sales - (403)220-7202

Navrae: Nannette - (403)217-6612 / nannettedewaal[at]shaw.ca

Share this post


Link to post
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

Sign in to follow this