Sign in to follow this  
anton

White Rock: Afr. Erediens, Sondae om 08h45

Recommended Posts

anton

:) Vriende,

St John's Presbyterian Church nooi almal om elke Sondag om 8.45 die Afrikaanse Erediens by te woon wat gely sal word deur Ds. Willem v. d. Westhuizen.

Na die diens 09:30 tot 10:15 sal daar Sondagskool aangebied word vir die kinders en koffie bedien word!

http://www.saint-johns.ca/

St. John's Presbyterian Church

1480 George Street

White Rock, BC

V4B 4A3

Tel: (604) 536-9322

Kontak Ds. Willem v d Westhuizen by (604) 536-9322 of Nico Putter by (604) 507-4002 vir meer inligting.

Share this post


Link to post
Share on other sites
willem

:censored: Hartlike groete en seën aan almal.

Ons wil graag almal wat hier in die Lower Mainland omgewing bly en so dan en wan 'n Afrikaanse Erediens wil bywoon, hartlik uitnooi na ons Sondagoggend Eredienste toe. Word gehou by St Johns Presbiteriaanse Gemeente te 1480 George Str, White Rock. Tyd is elke Sondagoggend om 08:45. So stadig aan word die getalle meer en ons sien uit daarna om julle daar te ontmoet. Na die tyd word daar ook heerlik saam gekuier.

Christus groete

Willem

Share this post


Link to post
Share on other sites
Sakkie
;) Vriende,

St John's Presbyterian Church nooi almal om elke Sondag om 8.45 die Afrikaanse Erediens by te woon wat gely sal word deur Ds. Willem v. d. Westhuizen.

Na die diens 09:30 tot 10:15 sal daar Sondagskool aangebied word vir die kinders en koffie bedien word!

http://www.saint-johns.ca/

St. John's Presbyterian Church

1480 George Street

White Rock, BC

V4B 4A3

Tel: (604) 536-9322

Kontak Ds. Willem v d Westhuizen by (604) 536-9322 of Anton Steyn by (604) 821-3585 vir meer inligting.

Share this post


Link to post
Share on other sites
Ingrid Brunkhorst Hurrell

Hallo Sakkie

Ek sien jy's nuut hierso...vertel ons bietjie van jouself in die Foyer, mens.

Beplan jy/julle om Kanada toe te kom?

Willem en Bessie (nou verwys ek na die post wat jy so opgediep het), is die lieflikste mense uit.

Hulle het ons in White Rock kom help U-haul trok aflaai; Bessie het kos aangedra en 'n groot deel van ons aanvanklike 'nuutjie-gevoel' is teëgewerk oor hulle so gasvry en uitreikend was.

Ek dink mense in hulle gemeente is bevoorreg om sulke mense aan die stuur te hê - Willem is nog die ware predikant wat huisbesoek doen en omgee vir sy mense.

Share this post


Link to post
Share on other sites
willem

Seen aan almal wat hierdie nuusbrief lees!

Sakkie, baie dankie vir jou navraag. Ek waardeer dit regtig opreg. Hierdie is net 'n vinnige antwoord om jou vraag te beantwoord rondom die Afrikaanse Eredienste.

Die Afrikaanse Eredienste vind elke Sondagoggend om 09:00 plaas. Die Erediens is 'n heerlike bymekaarkom geleentheid vir sowat 35 tot 50 mense. Die aantal mense wat die Afrikaanse Erediens bywoon, is stadigaan besig om meet te raak en ons is regtig baie opgewonde daaroor. Daar is ook 'n hele aantal kinders en jongmense wat in die groep ingesluit is. Daar word ook tydens die Afrikaanse en Engelse Eredienste 'n program vir die jonger outjies aangebied en dan volg 'n gekombineerde Sondagskool vir die Afrikaanssprekende en Engelssprekende kinders tussen 09:50 en 10:30.

Rondom die formaat van die Erediens, probeer ons na alle mense uit te reik. Die liedere kom meestal vanuit die nuwe Liedboek, maar sing ons ook ander alternatiewe Liedere. Daar is geen voorskriftelike wyse rondom mense se Erediensbelewenis nie.

Tydens die Eredienste is dit ons begeerte om die Woord van God sonder terughoudendheid te verkondig en wil ons graag by die kern van God se Woord uitkom. Op die ou end is almal wat die dienste bywoon, se smagting om werklik 'n ontmoeting met die lewende Here te hê en in die Woord te groei.

Daar is na die Erediens 'n heerlike kuiertyd waar die ouens saam koffie drink en net eenvoudig kuier terwyl daar geag word op die kinders. Dit doen almal goed om net so saam te kuier en mekaar te bemoedig en aan te spoor om die week aan te durf met die ywer wat die Here in ons bewerk deur Sy Gees.

Ons gaan ook poog om in die toekoms ons eie webwerf meer op datum te hou, veral met die jongste nuus wat beskikbaar is.

Laat weet gerus indien jy meer wil weet.

Seen.

Willem

Share this post


Link to post
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

Sign in to follow this