willem 1 Posted December 22, 2004 Hartlike groete aan julle almal, Net ‘n kort plasing om julle almal weer te herinner aan die Kersdag diens op 25 Desember 2004 om 10:00 vm by St Johns Presbiteriaanse Gemeente te White Rock. Baie dankie vir die terugvoer wat ek van julle ontvang het. Ek sien werklik uit na die Kersdagdiens, om weer saam die ou bekende Kersliedere in Afrikaans te kan sing en sommer om ook net ‘n bietjie saam te kuier.As julle dalk nog wik en weeg om die ete ook by te woon, skakel asb dadelik vir Ina Steyn om met haar te reël rondom die Pot Luck ete. Jy kan ook met my skakel, Kantoor: 604 536 9322.Indien jy dalk ‘n Veerpyltjiebord het, of enige ander speletjie wat jy bereid is om saam te bring waarmee die jongmense, of dalk sommer ons ander mee kan speel, bring dit groot asb saam! Sien julle op die 25 ste Desember om 10:00 vm. Seëngroete eers. Quote Share this post Link to post Share on other sites