Sign in to follow this  
willem

White Rock: Kersdagdiens, 25 Desember

Recommended Posts

willem

KERSDAGDIENS 25 DESEMBER 2004

Ja, dit is waar! Daar is 'n Kersdagdiens, 25 Desember 2004. Graag wil ons 'n ieder en elk uitnooi na die Kersdagdiens van 25 Desember 2004. Ons gaan 'n Kersdiens hê om 10:00 vm, waar ons heerlik Kersliedere gaan saamsing soos Herders op die ope velde, Bethlehemster, Stille Nag, ens. O, ja, alles natuurlik in Afrikaans, want dit is deel van die Afrikaanse Uitreikingsaksie van die St Johns gemeente.

Ons wil graag heerlik saamsing en saam kuier, Om dit te kan doen, het ons natuurlik jou hulp nodig! Regtig?! Ja, laat ons almal opruk na die geleentheid om so lekker te kan saamsing en kuier, want as jy en jou gesin nie daar is nie, is daar nie genoeg stemme om die gebou te vul nie, is daar nie genoeg mense om deel te neem aan die speletjies nie! Dit is vir jou wat ons benodig! So, kom aan, ruk op na St Johns op die hoek van George & Russel str, White Rock. Bring ook jou vriende saam, laat ons deel in die Kersvreugde van Jesus Christus in ons lewens! Bring jou stem, bring jou

musiektalent, laat ons almal saam deel aan die wonderlike Kersvreugde van

Christus.

Julle sal ook sien dat die woord, "kuier" ook na vore kom, want ja, vir die van julle vir wie dit moontlik is om ook die dag na die Erediens te kan agterbly, lê daar 'n heerlike kuiersessie voor. Ons beplan om 'n "Potluck" te hou na die Erediens waar ons lekker saam kan eet. Kom aan, man, kuier saam, dit gaan pret wees. Vir Etereëlings, kontak asb met Ina Steyn, Tel no. (604) 940-9592, wat aangebied het om die reëlings te koördineer. Dankie, Ina.

Pret?! Ja, beslis! Ons beplan ook om vir die kinders iets aan te bied. Dinge soos vingerbord, veerpyltjies, ens. Het jy dalk nog enige tradisionele SA speletjies wat jy bereid is om saam te bring vir die dag sodat ons so saam die dag lekker kan deurbring? Ek glo so! Kom aan, neem deel, laat ons die dag ondersteun.

Is daar enige een wat bereid is om te help met enige iets? Kontak my, asb, neem deel. Ons wil graag die dag saam met julle geniet!

Dan ook, gaan ons aan met die aanvang van 2005 natuurlik ook nog begin met 'n twee weeklikse oggend Erediens in Afrikaans om 08:45, met Sondagskool wat direk daarna sal volg saam met die Engelse been van die gemeente. Sondagskool sal aangebied word vanaf 09:30 vm tot 10:15, waarna die Engelse Erediens sal volg. Finale inligting sal later bekend gemaak word.

Vir enige verdere navrae oor beide sake, kontak asb vir Willem van der Westhuizen by St Johns Presbiteriaanse Gemeente, Telefoon nommer (604) 536-9322 of ook per E-Pos.

Ns. O,ja, die fisiese adres is 1480 George Str, White Rock.

Share this post


Link to post
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

Sign in to follow this