Hendie 142 Posted October 29, 2004 Die volgende Afrikaanse kerkdiens vind komende Sondag die 31ste Oktober om 16h00 plaas. Enige navrae kan gerig word aan die kerkkantoor of aan afripres(at)hotmail.com. Die prediker is Ds Willem van der Westhuizen, die senior leraar van St Johns Presbyterian Church in White Rock, die gasheer gemeente.Hierdie komende Sondag word die sakrament van die Nagmaal ook bedien. Enige persoon wat die vrymoedigheid het om Nagmaal in sy eie gemeente te gebruik, word hiermee uitgenooi na die Nagmaal tydens die Afrikaanse diens.Ten laaste - onthou dat die horlosies weer hierdie Sondag gestel word.Vriendelike groeteSt Johns Presbyterian ChurchWhite Rock, BCKantoor telefoon nommer 604.536.9322 Quote Share this post Link to post Share on other sites