Sign in to follow this  
Ansie

Teens in Kanada??

Recommended Posts

Ansie

:) Hallo Daar, My naam is Gerrit .Ek is 16, Gr 10 . Ek wil graag gesels met jongmense in Kanada, aangesien ons ook een van die dae oppad is soontoe.

Wat maak die jongmense in Kanada wanneer hul nie skoolgaan nie.?

Share this post


Link to post
Share on other sites
spring bokie

Hey

ive been in canada for a while but id love to talk to other south africans!!!!

im 15 and my name is tafline

Share this post


Link to post
Share on other sites
Elsje

Hey,

My naam is Elsje, ek is 16 en is in gr. 11. Ek voon hier in Kanada, en wil oor SA praat.

Elsje

Share this post


Link to post
Share on other sites
Ansie

Hi Elsje!

Ek sien jy's oorspronklik van Paarl,ons trek nou Jeffreysbaai toe 20 Nov tot ons eendag Kanada toe gaan. Ons is nogal opgewonde ! In die skole daar het hul "Surfing"vir skoolsport :cry:

Is jy gelukkig in Kanada?

As jy wil stuur ek graag vir jou fotos van SA per epos?

Waar in Kanada woon jy?

Ons het op 'n plaas grootgeword maar dit raak nou te gevaarlik. Een van my ouers se beste vriende is verlede week aangeval,die tannie is met 'n graaf en droppers geslaan en is kritiek in die hospitaal. Ongelukkig is hier nie meer baie positiewe nuus in SA nie, dis amper soos 'n stil oorlog jy weet, bolangs lyk dinge "cool" maar in die donker(deesdae selfs helder oordag) gaan Groot gemors aan. Ons bly nou in 'n dorpie in KZN. Ons bly naby 'n openbare parkie, maar ons ouers moet ons escourt as ons dar wil uithang, boot roei,skateboard ry,fietsry of motorfiets, of sels net wil chill. dit SUCK! So nou groep ons ouens maar in groepe van 4-5 en sorg net dat ons bietjie Mucho lyk dan los die :angry: ons uit!

Ons isen uit daarna om Kanada toe te gaan, ek's moeg vir die spanning, mens kan regtig nie so leka relax as jy heeltyd moet worry oor jou veiligheid nie.

C ya

Gerrit

Share this post


Link to post
Share on other sites
Harties

" Teens in Kanada"

Hello almal.

Ons is nou 3 jaar in Calgary en ek het twee seuns wat 16 en 19 jaar oud is, wat die beste vir ons gewerk het was om 'n sports klub by tewoon. Altwee my seuns jaag BMX fietse, wat hulle al gedoen het in S.A. Ons het lede geword van die Calgary BMX klub en daar baie vriende gemaak en ook baie dinge geleer, ons vind die mense baie vriendelik en behulpsaam. Met die klub werk die ouers ook by die Bingo 2 keer 'n maand en verdien " bingo credits " wat help met die vervoer koste wanneer ons weg gaan vir die BMX kompitiesies. Ons het al baie vriende gemaak in ander dorpe soos Lethbridge, Edmonton en Vancouver. Met al hierdie dinge wat ons doen is daar nie tyd om aan S.A te dink nie en ons het ook baie in 'n kort tyd geleer.

Met dit, reis ons ook die hele Kanada vol, ons was al van Vancouver tot en met by Quebec met die fietse.

Ons vind die tieners hier baie anders as die S.A se tieners - die S.A tieners het baie beter maniere.

Wat die tieners doen as daar nie skool is nie ? Ek sal se daar is seker 80% van hulle wat werk en werk is vollop vir tieners hier. Altwee my seuns werk deeltyds by Sport Mart ( groot sport winkel wat alles van fietse, golf klubs, ski's, snowboards en klere verkoop).

Wat ek wel kan voorstel is om die bus roetes te leer, en dit te gebruik - as 'n tiener kan jy soveel meer hier doen en jy hoef glad nie ouers tevra om jou rond tery nie want die bus en trein is veilig en 'n mens kan baie maklik die hele Calgary besoek met die vervoer.

Harties.

Share this post


Link to post
Share on other sites
Elsje

Hello Gerrit,

Hoop julle is al leker in julle neuve huis in....Dit was lekker om van jou te hoor, jamer dat ek nie trueg geskryf het nie, ek was maar lank trueg op die forum. Jy is so lucky om surfing te he, ons kry veer in hoer skool swem, kanoe, kayaking, bowling, tennis, dans, curling, foetbal, rugby (miskein hang af van die skool), en nog meer. Maar ek sal dit baie geniet om "Surfing" te kan probeer, maar ons woon in die "Prairies", en die enigste "Surfing" wat ons doen is op die internet. ;):D Ek woon in Calgary dit is in Alberta. Ek dink dat ek baie gelukkig is hier in Kanada, dit is a baie groot land en die skole is baie goed. My sister het nou net universitate begin en as ons daar was sou nie kon nie want sy het gin geld. En ek sou nie kon duitsland toe gegaan het nie want ons sou nie daar van geveet het nie. Ek sal dit baie geneit as jy vir fotos van SA sal stuur, as jy op my naam cklick sal jy my epos address sien. Toe ons van SA af hierna toe getrek het het ek my frende nie ordentlike baai gese nie maar ek gaan dit better doen die Desember, ons gaan SA toe vir Kersfees. Praat weer later. Baai.

Elsje

Share this post


Link to post
Share on other sites
pokitfoxx

HI fellow southcanucks...

im Byron, Im 16 and live in Vancouver, please tell me theres another South African in this school because i hate it.... :P but who doesnt hate school....other than my dad...:P well i went to the last meet&greet but we got kicked out because it was a bar and well....im 16, not legal, so i think we should have a get together for just teens and younger children with families, at a park or something what u guys think? im talking too much so i should go.

enjoy your milo because it might be ur last :censored:

Byron

Share this post


Link to post
Share on other sites
digin

Hi Byron

im talking too much so i should go

Thanks for your first post - don't worry about talking to much - the youth on the board have a long way to go before beating the adults!

As you no doubt know, the Dover Arms told us that all will be welcome, then they changed their minds. It's unfortunately often the case here in Canada - a lowly employee who does not know all the rules will always do what's best to get customers through the door - rather than admitting he/she does not know the rules.

Next time you can be sure the Vancouver organisers will make sure everyone can attend events!

Digin

Share this post


Link to post
Share on other sites
Wesley

There's one coming up very soon where everyone will be able to attend. Keep a look out for Adele's next events posting.

Share this post


Link to post
Share on other sites
nadia

Hello Gerritt,

my naam is Nadia en eks 15 jaar oud en in gr 10. Ek bly al vir omtrent 9 maande in Kanada en het voor dit in die Paarl gebly. Ek het nooit geweet daar sal so baie Suid Afrikaners hier wees nie! Ek dink jy sal dit baie geniet hier.. in die begin is dit nogal 'n skok, want als is anders -die weer, die mense, die kos, die hele kultuur, ens. Maar mens raak dit gewoond en leer om daarvan te hou, al sal mens altyd 'n Suid Afrikaner bly en dit altyd mis..maar mens kan nie elke dag in soveel vrees leef nie. Ek was rerig moeg daarvoor om altyd bang te wees en om oor my skouer te kyk vir iemand wat my wil kom beroof of iets. Die lewenskwalitiet hier is rerig baie beter en mens het baie meer vryheid..

Toe ek uitvind dat ons trek, was ek op 'n manier bly, maar ek wou nie gekom het nie net omdat ek weet hoe baie ek al my familie en vriendinne sou mis. Toe ek hier aankom was dit lekker om nuwe dinge te sien en te ontdek, maar na 'n tyd begin mens als verskriklik mis. Maar mens moet net vasbyt, want mens gaan maar deur ups en downs deur die hele trek en aanpas proses. Ek mis nogsteeds almal vreeslik baie, maar ek het vrede gemaak met die feit dat ek hier bly en nou geniet ek dit baie. Ek gaan ook terug in desember vir die vakansie, so ek weet ek sal almal dan weer sien.. en ons gaan in stilbaai wees, en die geweld is darem nie erg daar nie.

Jy sal agter kom dat die skool en die kinders in die skool is nogal anders. Ek weet nie of hulle verskillend is in 'n klein dorp of in 'n stad nie.. maar ek bly in 'n klein dorp, Dawson Creek in BC.. en toe ek hier aankom was almal baie vriendelik teenoor my en die mense laat mens tuis voel. So ek hoop die skool waarna jy gaan se kinders is nice. Dit het 'n ruk gevat vir my om oulike vriendinne en vriende te kry, want mens moet oppas dat jy nie in die verkeerde groep beland nie (daars baie drugs in die skool)..maar na die hele proses van aanpas, kan ek se dat ek is baie gelukkig in Kanada en ek dink dis 'n wonderlik land. Mens moet net nie bang wees om nuwe dinge te probeer nie (ek praat nou nie van drugs nie.. haha, want daar sal mense wees wat jou probeer daar intrek), maar die natuurlewe hier is baie lekker.. ek gaan baie na my vriende se plaas toe en gaan kamp, quad, vang vis, ry perd, skidoo.. ek het ook begin sokker speel in die somer. Hoe meer jy deelneem aan goed, hoe meer mense ontmoed jy. Omdat ek in 'n kleinerige dorpie bly, is daar nou nie 'n groot verskeidenheid van sporte nie, maar daar is ice hokkie, baseball, basketball, football, sokker, volleyball, curling, speed skating, ice skating.. en daar is nog ander wat ek nie nou aan kan dink nie. Die skole hier bied ook baie geleendhede aan, en eks seker jy sal dit uitvind as jy hiernatoe kom.

Weet jy waar in Kanada julle heen gaan trek? En wanneer julle trek? Wel, ek hoop als gaan goed met die trek en al die relings.. dit kan nogal 'n groot storie wees. As jy enige vrae het, sal ek probeer om dit te beantwoord.

Nadia

Share this post


Link to post
Share on other sites
Jorrie
B) Hallo Daar, My naam is Gerrit .Ek is 16, Gr 10 . Ek wil graag gesels met jongmense in Kanada, aangesien ons ook een van die dae oppad is soontoe.

Wat maak die jongmense in Kanada wanneer hul nie skoolgaan nie.?

Hey gerrit!!!

My naam is jannie, ek bly nou al 3 weke in kanada en as jy nie skool gan hier nie dan ry jy mar 4-wheeler of gan fliek of iets!!

Dis baie lekerder in kanada as in die RSA!!!

Share this post


Link to post
Share on other sites
Klaasvaakie

Moenie worry nie, ek is hier :cry:

My naam is Ruan, is 27, manlik. In Kanada vir 9 jaar. In Calgary geland in Mei maand. Ek het gebly in Toronto (Milton, Missisauga en Oakville) voor dat ek hierna getrek het.

I am very lonely now and in an unfamiliar town.

Let's meet next weekend (Aug 25, 26 and 27)

Share this post


Link to post
Share on other sites
HeinrichD

hey

My name is Heinrich, 14, calgary, grade 9, lived her for 7.5 years. lokking for people that are my age

heinrich

Share this post


Link to post
Share on other sites
Marina

hey

I am from south africa too

I am 15 and I live on P.E.I

Canada can be heven or hell

so it is nice to have friends from your own country .... know what i mean?

ek is africaans mar ek gaan na n' english school .....so i can not really spell any africaans words or anything

my email is rehuel.com@live.com

Share this post


Link to post
Share on other sites
Berrie

Just wondering, Maybe the kids should create a group on facebook and they could invite them here. I would suggest to use an Afrikaans or even a Sotho/Zulu/Xhosa /Tswana or fanagalo (sp) term for "teen" to make it less of a target for the baddies. SA TIENER KANADA or SA CANADA UMFAAN maybe?

Edited by Berrie

Share this post


Link to post
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

Sign in to follow this