Sign in to follow this  
mjeppe

Jong Mense!

Recommended Posts

mjeppe

Dis maar mooilik om jong mense in Kanada te kry wat hul Afrikaans behou het. Ons het Kanada toe getrek toe ek tien was, agt jaar later is my speling ma swak maar Afrikaans bly my eerste taal.

Ek was hierdie jaar vir die eerste keer by Kanasie en was verstom om so baie jong Suid Afrikaaners te sien. Dit was lekker om te sien dat ek nie die enigste een is wat honger vir Afrikaanse musiek en kos nie.

As jong Afrikaaners moet ons regtig dankbaar wees dat ons die vooreg het om hier in Kanada te wees. Daar is geen toekoms in RSA vir ons nie. Daar is geen werk nie en om daar skool klaar te maak beteken ook meer niks nie. Ek is trots om Suid Afrikaans te wees maar ek is elke dag dankbaar dat my ouers die besluit geneem het om Kanada toe te trek.

Baie Groete,

Michelle

Share this post


Link to post
Share on other sites
jeanvwijk

Hello Michelle

My naam is Jean van Wijk. Ek bly nou al 2 en half jaar in Kanada. So ek is nogals nuut in Kanada. Ek was nou net saam 32 ander Kanadese Brazil toe op n Economic Mission. In daardie 32 studente was daar omtrent net 22 egte kanadese, al die ander was immigrante van Rusland, Egite, Duitsland, Romania, India, Pakistan, Portugal en dan ek van Suid- Afrika.Al die immigrante was baie trots om hulle Nationaliteid te behou. Ek is ook baie trots om Suid- Afrikaanse te wees en ek sal nooit my taal verloor nie. Mag ek vra waar jy bly en hoe oud jy miskien is. Ek is agtien en ek bly in Newfoundland. Ek wil graag weet of jy ander gevoelens of oppiniens het oor Suid- Afrika. Ek voel baie die selfde as wat jy voel.

Baie Groete

Jean

Share this post


Link to post
Share on other sites
childofafrica

Hi Michelle, ek lees jou skrywe, en dink van my kinders sal daarvan hou om met jou te gesels! Ons is al meer as 12 jaar hier, en al my kinders kan nog vlot Afrikaans gesels. My oudste is 23, GEral, dan Christel 19, Tiaan 17 en nog drie jonger outjies. Ek is baie bly om te hoor dat daar ander jong mense is wat trots is op Afrikaans, en dit na soveel jare nog behou het!

My seun wat 23 is, is op universiteit in Abbotsford, BC. As jy belangstel, kan ek vir jou sy epos gee, hy sal sooo verras wees!

Share this post


Link to post
Share on other sites
wise_monkey

Hi daar, ek bly nou al in hierdie koue land vir omtrent 5 jaar!! Ek is a kind van afrikaanse ouers en ek moet se ek is nogals trots op my ouers dat hulle albei my sussie en ek vorseer om afrikaans te praat, wel hulle het ons nie vorseer rerig nie, maar dat hull nog steeds so streng oor die taal is, as wat hulle sou gewees het in Suid-Afrika!! Viva vir die afrikaanse kinders hier in kanada

Share this post


Link to post
Share on other sites
Annelize

Hi,

Ek is nou maar net 4 maandjies hier, maar is die enigste van my familie, so die enigste tyd wat ek Afrikaans praat is waneer ek my Ma'lle bel, en dan moet ek mooi dink wat om te se!!! Maar eendag as ek kinders het, gaan ek hulle ook Afrikaans leer!!

In SA probeer hulle Afrikaans uitwerp in die skole en hier, BAIE ver weg, leef dit voort! :D

Groete

Annelize

Share this post


Link to post
Share on other sites
Jakkals

Hi

Ek's nou al so 3.5 jaar in Kanada en Afrikaans is nogsteeds my eerste taal. Ek is op die oomblik by die UofA in Edmonton en my ouers bly in Fort McMurray. So die enigste tyd wat ek kans kry om Afrikaans te praat is as ek met hulle op die telefoon praat. Maar dit gebeur partykeer dat ek sommer iets in Afrikaans sal se terwyl ek met my vriende praat sonder om dit te besef. Dan kyk hulle my net so en dan moet ek maar vertaal wat ek gese het. Een van my vriendinne kan tot al 'n paar sinne in Afrikaans se.

Ek was laasjaar ook by Kanasie (en gaan hierdie jaar weer!) en dit was so lekker om net die heeldag Afrikaans te praat en te hoor.

ta-ta tot later :D

Eileen

Share this post


Link to post
Share on other sites
wise_monkey

Dit is nogal snaaks wanneer jy met iemand afrikaans praat wat nie eers weet wat jy se nie, hulle gesig trekskoon snaaks.

Share this post


Link to post
Share on other sites
Elsje

Hello, My naam is Elsje, en ons gesin is al 7 jaare in Kanada. Ons bly in Calgary, en ek is nou 17. My ouers het ook ons gedring om Afrikaans te praat, en ek is nou baie bly. :( Ons was laas December terug SA toe en my familie was baie geskok dat ons nog Afrikaans kon praat. My spelling is nie die beste nie maar ek geniet om 'n ander taal te kan praat.

Die lekkerste is as 'n mense in a publike plek is en jy wil itse privaat vir jou ma sê, dan kan jy want jy kan 'n ander tall praat. Maar soms is daar 'n ander SA person daar en hulle kyk jou ann in 'n mannier en jy weet hulle verstaan jou. ;)

Vir my vriende is dit baie lekker om vir my te hoor praat. As ek op die phone praat verander my accent van Kanadees na SA toe en hulle find fit baie snaaks. Die ding wat my pla is as hulle my vra om itse in Afrikaans te sê en ek het geen idee wat om te sê nie. Chalize Theron het vir Ellen Degenirus gesê "Hoekom dra jy altyd 'n brook?" Dit het ek baie snaaks gefind. :P

Groete

Elsje

Share this post


Link to post
Share on other sites
Rita

Hello!

Ek's Rita en bly in Red Deer. Wie was almal verlede jaar by Kanasie? Ek kan nie hierdie jaar gaan nie, maar dis ok. Ek gaan Desember vir 'n maand SA toe! Yay. Ek's vanuit Ceres in die Weskaap, en mis dit baie. My hele familie bly daar, behalwe my aangetroude tannie se suster, wat in Calgary woon. Ek bly nou al amper 4 jaar hier, en begin nou dit heeltemal te geniet. Daar is 'n ongelooflike getal SA jongmense in Calgary en Edmonton! Maar praat weer later!

Share this post


Link to post
Share on other sites
Klaasvaakie

My naam is Ruan Geldenhuys

Ek sal in Kanada vir 10 jaar in Oktober. My spelling is nie meer goed nie, ek was in Std. 8 in RSA toe ons getrek het. Ek sukkel 'n klein bietjie met woorde wat ek nie meer hoer nie.

Share this post


Link to post
Share on other sites
Tess

Halo! kon jy goed afrikaans praat voor jy gegaan het?

Share this post


Link to post
Share on other sites
Lenina
Hi Michelle, ek lees jou skrywe, en dink van my kinders sal daarvan hou om met jou te gesels! Ons is al meer as 12 jaar hier, en al my kinders kan nog vlot Afrikaans gesels. My oudste is 23, GEral, dan Christel 19, Tiaan 17 en nog drie jonger outjies. Ek is baie bly om te hoor dat daar ander jong mense is wat trots is op Afrikaans, en dit na soveel jare nog behou het!

My seun wat 23 is, is op universiteit in Abbotsford, BC. As jy belangstel, kan ek vir jou sy epos gee, hy sal sooo verras wees!

HALLO, EK'T JOU BRIEF GELEES EN STEL BELANG OM KONTAK TE MAAK! ONS BLY OOK IN BC, MERRITT.

EK HET OOK 5 KINDERS VAN OM EN BY JOU KINDERS SE OUDERDOMME.

KONTAK MY ASB. vdmerwe[at]shaw.ca

MY NAAM IS LENINA

Share this post


Link to post
Share on other sites
Klaasvaakie

yes, my afrikaans was perfect.

Toe ek in SA gebly her, het ek nie 'n rede gehad om English te spraat nie. Nie een woord nie.

Share this post


Link to post
Share on other sites
Estienne
Dis maar mooilik om jong mense in Kanada te kry wat hul Afrikaans behou het. Ons het Kanada toe getrek toe ek tien was, agt jaar later is my speling ma swak maar Afrikaans bly my eerste taal.

Ek was hierdie jaar vir die eerste keer by Kanasie en was verstom om so baie jong Suid Afrikaaners te sien. Dit was lekker om te sien dat ek nie die enigste een is wat honger vir Afrikaanse musiek en kos nie.

As jong Afrikaaners moet ons regtig dankbaar wees dat ons die vooreg het om hier in Kanada te wees. Daar is geen toekoms in RSA vir ons nie. Daar is geen werk nie en om daar skool klaar te maak beteken ook meer niks nie. Ek is trots om Suid Afrikaans te wees maar ek is elke dag dankbaar dat my ouers die besluit geneem het om Kanada toe te trek.

Baie Groete,

Michelle

Hi Michelle

My naam is Estienne! Ek het maar onlangs hier geland in kanada maar ek verstaan wat jy bedoel! Ek stem saam met jou Kanada het ongelooflik baie moontlikhede. As gevolg van die omstandighede in Suid Afrika het ek nie ander keuse gehad as om te kom nie, maar ek sal altyd 'n trotse Afrikaans sprekende Suid Afrikaner bly maak nie saak wat nie! Ek was nog nie by 'n kansasie fees nie, maar ek hoop om volgende jaar te kan gaan en nog ander Suid Afrikaners te leer ken.

Groete

Estienne

Share this post


Link to post
Share on other sites
Hercu.Bloem45

haai daar weereens. ek wil graag weet waar die kanasie is want ek wil graag deel neem daar aan as ek dit hierdie jaar kan maak. as ek nie die jaar kan maak nie gaan ek verseker volgende jaar dit bywoon. kan iemand my meer vertel van die kanasie lekker dagie verder. Ryno

Share this post


Link to post
Share on other sites
Erikaco
Hi Michelle

My naam is Estienne! Ek het maar onlangs hier geland in kanada maar ek verstaan wat jy bedoel! Ek stem saam met jou Kanada het ongelooflik baie moontlikhede. As gevolg van die omstandighede in Suid Afrika het ek nie ander keuse gehad as om te kom nie, maar ek sal altyd 'n trotse Afrikaans sprekende Suid Afrikaner bly maak nie saak wat nie! Ek was nog nie by 'n kansasie fees nie, maar ek hoop om volgende jaar te kan gaan en nog ander Suid Afrikaners te leer ken.

Groete

Estienne

Share this post


Link to post
Share on other sites
Lizette De Klerk

Hi aan al die jong klomp hier.

Ek wil julle graag uitnooi om ook te kom aansluit by "Ons Praat Afrikaans" op Facebook.

Dit is die naam van die groep en ook van ons "fanpage" en ons is ook op Twitter as OPA_Afr met die hashtag #OPA. Die groep het so 2300 lede, en die fanpage wat onlangs begin is, groei mooi (88 lede).

Ons Twitter aanhangers sluit manne soos Steve Hofmeyr in en die fokus van die groep, "fan page," en Twitter is alles AFRIKAANS. Hier praat ons in Afrikaans oor Afrikaans en Afrikaanses. biggrin.gif

Daar is ook hordes musiek videos, materiaal om Afrikaans te leer, en alles en nog wat. wink.gif Hoop om julle almal daar te sien!

OPA groete!

Hier is die skakels:

Fanpage: http://www.facebook.com/OnsPraatAfrikaans

Groep: http://www.facebook.com/groups/praatafrikaans/

Twitter: http://twitter.com/#!/OPA_Afr

Share this post


Link to post
Share on other sites
sachicky23

Hi almal!

Ek sien hier is lanklaas op geskryf maar ek dog toe ek vat m kans :) ek is 23 en bly al vir 7 jaar lank in Alberta.

Ek wil baie graag ander Suid Afrikaners ontmoet en nuwe vriende maak..verlang nog altyd baie huis toe.

Hoop iemand wil gesels een of ander tyd lol :)

Liza

Share this post


Link to post
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

Sign in to follow this