Sign in to follow this  
Lukas

Kom kamp saam!

Recommended Posts

Lukas

Hallo daar!

Moenie vergeet nie, ons jaarlikse weeklange kerkkamp vind DV weer plaas langs die helder skone water van pragtige Clear Lake in die Riding Mountain Nasionale park plaas.

Wanneer?

12:00 Maandag 16 Augustus tot 16:00 Sondag 22 Augustus 2004

Waar?

Kampterrein van die Anglikaanse kerk, langs Clear lake in die Riding Mountain Nasionale Park in Manitoba.

Wat?

Kom slaan 'n tent op, betrek 'n bungalow of bring jou RV. Kom geniet 'n weeklange ruskansie saam met mede Afrikaansprekende gelowiges. Kom maak nuwe vriende en bevestig die ou vriendskappe. Kom swem, kom stap, kom sing langs die kampvuur, doen saam Bybelstudie, kom lag en gesels. Kom deel jou geloof met geloofsgenote.

Wat gaan dit my uit die sak ruk?

Volwassenes $150.00 vir die hele week.

Kinders 3 - 8 jaar $70.00 vir die hele week.

Kinders onder 3 is gratis.

Vir diegene wat net vir 'n dag of twee kan kom is die koste $30.00 per dag.

(Die koste sluit die gebruik van die kampterrein plus drie etes per dag in. Gebruik van die bungalows is by die prys ingesluit!)

Moenie huiwerig wees om te kom nie, tydens die vorige kampe is daar wonderlike vriendskappe gesluit en daar is gekuier totdat ons oë saans toeval. Vir die kinders is hierdie kamp so lekker dit voel of hulle droom want dit voel byna onmoontlik dat die werklikheid so wonderlik kan wees.

Die kinders swem, hulle bou sandkastele, hulle kanoe, hulle maak maats en hulle leer ook meer van ons Skepper en ons Verlosser.

Merk hierdie datums op die kalenders en kom kuier saam.

Baie groete

Lukas Scheepers

Share this post


Link to post
Share on other sites

Create an account or sign in to comment

You need to be a member in order to leave a comment

Create an account

Sign up for a new account in our community. It's easy!

Register a new account

Sign in

Already have an account? Sign in here.

Sign In Now

Sign in to follow this