Hendie

Afrikaans?

Recommended Posts

Hendie

Ek lees vanaand dié op FaceBook van iemand in Carnavon:

Quote

Joh mense x kni glo oz skougrond lyk so ni.x wl grag wiet wt gan aan in oz dorp.wt dun oz as gemeenskap En di municipality dt dnge so mut lyk.hu kn dt wies joh

Vra ek vroulief "Weet jy wat hier staan??" "Nee" sê sy vir my, "dis maar hoe die jongmense vandag praat jong." .... sug.

Ek wil my verstout om te sê ek dink ons praat 'n suiwerder Afrikaans hier in Kanada as baie van ons landgenote terug in Suid-Afrika! Ek kom deesdae nie so baie op die forum nie, maar ek mis nogal Afrikaans hier. Ek sien daar is baie van ons lede wat Afrikaans as hul taal aangee, maar vir een of ander rede (dalk Kanadese polities-korrektheid?) praat-skryf ons nie meer so baie Afrikaans as in die forum se begindae nie.

So ek wil tóg ons lede aanmoedig: as jy gemakliker voel om jou storie in Afrikaans te stel, gaan gerus voort. Die meeste van ons Engelse lede verstaan die taal, en ons het nog altyd gesê praat in die taal wat vir jou die maklikste is. So jy sal kry dat mense jou dalk in Engels gaan antwoord, en dis piekfyn so.

Kom ons beoefen ons moedertaal tog 'n bietjie meer!

 [For the English among us, Google Translate understands Afrikaans too] 😉

  • Like 5

Share this post


Link to post
Share on other sites
Jules

Agree Hendie. Nothing wrong with one person asking in English and someone answering in Afrikaans or vice versa. What ever is easiest. 

  • Like 1

Share this post


Link to post
Share on other sites
Cathy K

Hendie, ek stem heelhartig saam met jou. Ons het grootgeword in 'n era toe  taalsuiwerheid en korrekte spelling belangrik was.

Ons praat seker maar "ou" Afrikaans in Kanada.😄

SACanada was voorheen volledig tweetalig. 

  • Like 2

Share this post


Link to post
Share on other sites
GrantM

I wonder what these people do with all the time that they save by typing that way.

Share this post


Link to post
Share on other sites
Sparky6

Hoor hoor! Ek gebruik gereeld nog afrikaanse woorde wanneer ek met die Kanadese praat . Dan herhaal ek maar die sin en korrekteer myself. 

Share this post


Link to post
Share on other sites
Reibtseb

Haha, ja nee. Ek sal vlot Engels praat en dan sal daar 'n random Afrikaanse woord uitdop. Maar dit gaan oor Afrikaans toe ook. Wanneer ek met familie gesels, besef ek my Afrikaans raak bietjie verlep. Ek praat glad nie Afrikaans met die mense wat ek hier in Kanada ken nie.

Share this post


Link to post
Share on other sites
Nelline

Ek praat nog vlot, maar sukkel deesdae soms om myself gemaklik uit te druk as ek skryf. Dit voel amper as my geskrewe taal "styf en formeel" voorkom

Ons is nou 16 jaar uit SA en alhoewel ek en my man Afrikaans met mekaar praat, is die meerderheid van ons "buite" gesprekke deesdae maar in Engels

Share this post


Link to post
Share on other sites
jimmy

I think it is because.....oops.... hahaha. Ek dink dit is omdat die kultuur in ons (suid afrikaners) hedendaagse samelewing so verander het dat ons altyd polities korrek moet/wil wees. In die werksomgeweing (in SA) moet ons alle koorespondensie in engels skryf omdat daar sekere mense is wat dalk nie mag verstaan nie. Wanneer ons in groepe sosialiseer en daar is dalk een ingelsman, sal ons eerder engels praat om hom/haar te akkommodeer, ek dink dit is 'n algemene afrikaner tendens, of dalk is dit net ek. 

Dit is vir my lekker om te sien dat julle wat al diep wortels in Kanada gegrawe het nogsteeds trots is op julle taal en afrikaans probeer praat en bevorder waar julle kan. My kinders is in 'n engelse kleuterkooltjie en alhoewel my oudste nog net 3 is praat hy engels en afrikaans vlot. Ek weier om engels met hulle te praat by die huis en help hom reg wanneer ookal hy sy taal meng, ek het al 'n paar keer die waters getoets en met hom engels begin praat dan sê hy vir my: "Nee pappa, afrikaans". Ek sien soveel afrikaanse paartjies wie se kinders in engelse skole is en hulle praat net engels met hulle kinders, dis vir my baie hartseer.

Ek is 'n voorstaander daarvan dat my kinders volledig tweetalig moet wees en in engels moet skool gaan, dit gaan vir hulle 'n stewige fondasie gee vir hul toekoms, maar ek voel dit is my verantwoordelikheid om nogsteeds hulle herkoms te beskerm, hulle veraltyd te herinner waar hulle vandaan kom en hulle trots afrikaans te hou........ waarookal ons onself in die wêreld mag bevind

Share this post


Link to post
Share on other sites
Cathy K

Ruby, ons kleinkind, is Oos-Indies met Sikh voorouers. Afrikaans is ons geheime taal wanneer ons nie wil hê ander moet hoor wat ons sê nie. Bloot onskuldig, soos: "Gaan jou maats bly vir aandete?" Ensovoorts.

Ek hou ook daarvan om "Robo calls" in Afrikaans te antwoord. Een van Ruby se vriendinne was by toe ek vriendelik op so 'n oproep reageer met: "Baie dankie, meneer, maar ek stel regtig nie belang nie."

Dis toe wat sy vir Ruby vra: Why did your Ouma just tell that guy to buy a donkey?"😄

Terloops, baie kinders in Kanada het oumas (oma). 

  • Like 2
  • Haha 1

Share this post


Link to post
Share on other sites
Nettie

Dankie Hendie! Ek ondersteun daai idee. Ek dink iemand wat skryf soos die persoon wat jy quote, het twee oorsake: Die een is dat jy per karakter/letter betaal vir 'n sms in SA. As jy oor 'n sekere getal gaan, veroorsaak dit dat dit dan gecharge word as bv 3 sms'e, al is dit net een boodskap, maar die karakters = 3 boodskappe. Sover ek weet, was dit in 2010 so, dat die idee was dat jy net hoef te verstaan wat iemand skryf, hulle enforce nie meer die idee van punte vir spelling nie. Ek het iemand geken wat 'n onderwyser is en het haar partykeer help merk. Dis hoe ek hiervan weet. Sy moes ook vir kinders punte gee wat hulle nie verdien het nie, want hulle wou nie he dat die kinders teruggehou word vir die jaar nie. 

Ons gesin sou ek se is 100 % Afrikaans magtig. My kinders het in Engels skoolgegaan, maar ons praat nog altyd Afrikaans. Alhoewel hulle nie spel en lees in Afrikaans geleer is nie, doen hulle goed met die skryf ook. Ek probeer net altyd om goed reg te spel as ek 'n email of sms vir een van my kinders stuur. Die iPhone is net soms irriterend met hul autocorrect, so sometimes we just commmunicate in English, for practical reasons.

  • Like 1

Share this post


Link to post
Share on other sites
Jeandre

Absoluut! Een van die mees tragiese dinge m.b.t. ons taal, is om vrede te maak met die 'misbruik' daarvan in vandag se juig en jongmense in SA - dit klink nie eers mee soos Afrikaans nie, maar eder n mengelmoes van 'Cape Coloured, Afrikaans en Engels'. Dis regtig ontstellend. Nietemin, hopelik kan ons die taal (in sy opregte vorm) hier oordra aan ons nageslae.

Ek praat gereeld nog Afrikaans met familie en vriende terug in SA - so ek mis nie die gesels daarvan só erg nie, vir nou. Maar ek vermoed soos tyd verloop gaan my perspektief en ervaaring verander, ongelukkig. Met dit gesê, my grootste verlange op die oomblik is Afrikaanse musiek en die hele langarm gees wat daarmee gepaart gaan. Braai en 'n Afrikaanse kuier is een ding - maar as n 30 jarige Afrikaner, is langarm met musiek wat Kurt Daren, Lianie May, Jay, ens. insluit amper half deel van die lewe. En om sonder dit te 'cope' word moeiliker en moeiliker soos tyd aanstap. Wens daar was n sterk genoeg gevolg van Afrikaners dat ons erens n 'Danskraal' klas van plek kon oopmaak om dié behoefte te vervul - dalk eendag in die toekoms. n Man kan wens, neh?

Hopelik is daar mede-Afrikaners wat dieselfde voel daar buite? Sterke manne - ons sal die taal lewedig hou, kom Hemel of dood!

Share this post


Link to post
Share on other sites
Reibtseb
14 hours ago, Jeandre said:

Absoluut! Een van die mees tragiese dinge m.b.t. ons taal, is om vrede te maak met die 'misbruik' daarvan in vandag se juig en jongmense in SA - dit klink nie eers mee soos Afrikaans nie, maar eder n mengelmoes van 'Cape Coloured, Afrikaans en Engels'. Dis regtig ontstellend. Nietemin, hopelik kan ons die taal (in sy opregte vorm) hier oordra aan ons nageslae.

Ek praat gereeld nog Afrikaans met familie en vriende terug in SA - so ek mis nie die gesels daarvan só erg nie, vir nou. Maar ek vermoed soos tyd verloop gaan my perspektief en ervaaring verander, ongelukkig. Met dit gesê, my grootste verlange op die oomblik is Afrikaanse musiek en die hele langarm gees wat daarmee gepaart gaan. Braai en 'n Afrikaanse kuier is een ding - maar as n 30 jarige Afrikaner, is langarm met musiek wat Kurt Daren, Lianie May, Jay, ens. insluit amper half deel van die lewe. En om sonder dit te 'cope' word moeiliker en moeiliker soos tyd aanstap. Wens daar was n sterk genoeg gevolg van Afrikaners dat ons erens n 'Danskraal' klas van plek kon oopmaak om dié behoefte te vervul - dalk eendag in die toekoms. n Man kan wens, neh?

Hopelik is daar mede-Afrikaners wat dieselfde voel daar buite? Sterke manne - ons sal die taal lewedig hou, kom Hemel of dood!

Ek was nooit groot op langarm musiek nie, maar het kort voor ek weg is uit SA Spoegwolf ontdek. Die naam is eienaardig, maar dit is op die stadium al Afrikaanse musiek waarna ek nog luister na 9 maande hier. En dit is op Spotify :)

Share this post


Link to post
Share on other sites
Nettie

@Reibtseb Het nou na Spoegwolf geluister. Ek hou van die musiek, baie. Maar die woorde maak nie vir my ten volle sin nie. Miskien is ek te lank weg daar. Ek hou van die videos se agtergrond ook. Laat my nou baie huis toe verlang.

  • Like 1

Share this post


Link to post
Share on other sites
Sparky6

Jack Parow se P.A.R.T.Y, die video is op YouTube, as jy van die WesKaap af kom sal daardie video jou beslis n traan laat wegpik. Of snot en trane laat huil as jy erg verlang!  Die video is geskiet in ‘n “roadtrip “ van die Kaap tot by Wilderness/ Vicbaai/ Heroldsbaai area.  Kyk bietjie!!!!  Elvis Blue het ook n liedtjie wat in die George Area geskiet is.  Ek geniet dit ook om deesdae flieks te kyk wat in SA geskiet is, soos The Dark Tower en Maze Runner Death Cure.....

Share this post


Link to post
Share on other sites

Create an account or sign in to comment

You need to be a member in order to leave a comment

Create an account

Sign up for a new account in our community. It's easy!

Register a new account

Sign in

Already have an account? Sign in here.

Sign In Now