Sign in to follow this  
Hendie

Nuwe Lewe in New Brunswick!

Recommended Posts

Hendie

Die Dijkmans het toe uiteindelik aangekom in New Brunswick! Ons is die 2de Julie uit Calgary weg met ons nuwe Frontier bakkie, tent trailer, en my Hondatjie. Laag gevlieg oor Kanada:

  • Dag Een: Winnipeg, MB
  • Dag Twee: Thunder Bay, ON
  • Dag Drie: Parry Sound, ON
  • Dag Vier en Vyf: Quebec City, QC
  • Dag Ses: Shemogue, NB!

Sedert ons die 7e hier aangekom het het ons al 'n nuwe voorstoep "deck" gebou vir die huis, die plaas laat omploeg, en bietjie groente gesaai .. net vir eksperimentering!

Ons het op die ou end al ons goed getrek met 'n houer van CN Rail - dit het baie goedkoper uitgewerk as 'n vervoermaatskappy (+-$6000 vir 'n m**rse 53ft houer wat Lyn'e VOL gepak het!). 'n Paar vriende en vrywilligers het gehelp dat ons kon klaar uitpak in 'n rekord 2 1/2 uur! (CN Rail het ges^e ons het net 4 uur om die houer uit te laai). Ons is baie dankbaar vir die baie stoorplek in ons nuwe (175jaar oue!) huis, want ek weet regtig nie waar ons met alles sou heengegaan het as ons nie die pakplek gehad het nie. Ons is nou darem al sover uitgepak dat ons gisteraand die uitpak-helpers kon oornooi vir 'n dankie-sê ete.

Ek kon gelukkig my werk so reël dat ek van die huis af kan werk oor die Internet terwyl Lyné en die kinders boer. Kon nie beter uitgewerk het nie! En nou bly ons in die platteland in 'n pragtige ou plaashuis en leer ken ons Acadian bure en begin ernstig dink daaraan om die plaaslike dialek van Frans aan te leer - 'n mens kom maar net soveel makliker oor die weg as jy met die "locals" kan saamgesels.

Ek en Lyné het gister ons Alberta bestuurderslisensies gaan oorskakel na New Brunswick, 'n redelike pynlose oefening by 'n Service New Brunswick kantoor in Shediac (soort van NB se Hermanus dié tyd van die jaar!). In teenstelling met Alberta, wat vir jou 'n tydelike papierlisensie gee totdat jou permanente lisensie na jou gepos kan word, het ons sommer gewag vir die nuwe rooi en wit NB bestuurderslisensies. Nou nog NB Medicare (eweknie van Alberta Health), so 'n paar ander dinge, dan behoort ons volwaardig Maritimers te wees!

Ons geniet die seelug die gebrek aan stadsdrukte. Sal nog maar moet sien van die winters ...

Share this post


Link to post
Share on other sites
Cathy K

Ek het jou huis op jou Facebook blad gesien en dis pragtig. Ek hou van daai buite trap. Gaan dit op na die solder toe? Wil jy nie vir ons ouens 'n paar foto's plaas nie? Julle sien darem al lankal uit na hierdie groot stap, nie waar nie?

Share this post


Link to post
Share on other sites
Dedré

So bly julle geniet dit daar. Ek stem ook vir 'n fototjie of twee. :ilikeit:

Share this post


Link to post
Share on other sites
Jeanne

FANTASTIES! Ons hoop ons sal eendag die voorreg hê om vir julle te kom kuier, geniet elke oomblik ;)

Share this post


Link to post
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

Sign in to follow this