Sign in to follow this  
willem

KERSDAGDIENS 2010

Recommended Posts

willem

Kersdag 2010! Kersdag is ‘n dag waarna baie van ons uitsien, maar dit kan ook terselfdertyd ‘n baie “alleen” dag wees vir mense. Hier by St John’s Presbiteriaanse Gemeente in White Rock, BC wil ons graag saam met jou die vreugde van die Messias se geboorte herdenk en ook met jou die wonderlike liefde van God deel.

Dit is om hierdie rede dat ons voortgaan om die Kersdagdiens soos gewoonlik weer op 25 Desember te reël want ons glo dat dit 'n dag is om die liefde van God te deel met ander. Ons wil jou graag persoonlik uitnooi om dit saam met ons by te woon. Die Erediens sal om 10:30 vm plaasvind. Ons gaan van al die bekende Kersliedere soos Stille Nag, Herders op die ope velde, ens saamsing. Ons weet dat vir almal ’n besondere geleentheid kan wees. Om dit ’n besondere geleentheid te kan maak, het ons jou teenwoordigheid nodig want jy is die een wat die liefde van Christus gaan indra! Ons het jou beslis nodig om te help om die geleentheid te omskep in ’n liefdevolle, warme feesgeleentheid.

Nooi asseblief ook jou vriende en ander familie om die dag saam met ons deur te bring!

Na die Erediens gaan ons weer soos die vorige jare, weer heerlik saam eet in die saal tussen 12 en 2 nm. Bring gerus die gereg saam wat julle as familie sou nuttig daar by julle huis en kom bring die dag saam as geestelike familie deur in die gety van Kersfees.

Trek sommer ‘n groot kring rondom die datum op jou almanak of dagboek en woon die geleentheid saam met ons by. Kom ons trek op en pak die Kerk vol en sing met ’n hart wat getuig van die verlossing wat ek en jy beleef. Almal is hartlik welkom.

Die afgelope 2 jaar het ons die Kersdagdiens lewend uit gesaai. Al meer en meer mense volg die diens op die Internet en ons gaan dit hierdie jaar weer doen. Ons glo dat baie van die aanvanklike met die klank nou uitgesorteer is. Indien jy nie persoonlik hier kan wees nie, “sien” ons jou graag op die Internet. Die skakel waarop julle moet kliek om die diens lewendig te sien, is www.saint-johns.ca en dan kliek jy aan die linkerkant op “Live Church Service Video” wat jy dan sal neem na die lewendige uitsending.

Seënwense aan almal.

Vir verder inligting, skakel gerus vir Willem van der Westhuizen by 604 536 9322 of kontak ons gerus by willem@saint-johns.ca

Share this post


Link to post
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

Sign in to follow this