Sign in to follow this  
Nico

Manitoba: Kerk Kamp, 18-24 Aug

Recommended Posts

Nico

Kom kamp saam!

Wanneer? Maandag 18 Augustus tot Sondag 24 Augustus 2003

Waar? Die Anglikaanse Kerkkampterrein (Anglican Church camp) langs pragtige Clear Lake in die Riding Mountain

Nasionale Park, Manitoba.

Wat kos dit? Kinders 11 jaar en ouer en volwassenes $125.00 vir die hele week, etes ingesluit!

Kinders ouer as drie en jonger as Elf, $65.00 vir die hele week, etes ingesluit!

Babas en kinders jonger as drie, gratis!

Indien jy net vir 'n dag kom oë wys in die week of oor die naweek is die koste $20.00 per dag vir

volwassenes en $10.00 per dag vir kinders.

Wie moet kom? Almal, oud en jonk!

Akkomodasie? Daar is 'n beperkte aantal bungalows beskikbaar. Die bungalows is met bunkbeddens toegerus en skuimrubbermatrasse word voorsien. Die bungalows is niks meer as net 'n stewige, skoon skuiling teen die wind en die weer nie. Die badkamer geriewe bestaan uit twee abblusieblokke een vir mans en een vir dames. In die abblusieblokke is daar stortgeriewe.

Die wat in tente wil kom uitkamp moet hulle eie tente bring. Skuimrubbermatrasse kan voorsien word.

Die wat in 'n karavaan of 'n RV wil kom kamp, kan dit gerus doen. Bring 'n lang elektriese koord saam indien jy kosteloos van die kampterrein se elektriese voorsiening gebruik wil maak.

Wat gaan ons doen? Ons gaan saam Bybelstudie doen, aan lewendige tema besprekings deelneem en die kinders jonger as elf, gaan in 'n eie groepie temas bespreek en allerhande kunswerke maak.

Verder gaan daar gespeel en geswem en gestap word. Elke dag gaan daar iets wees om te doen. Kom speel saam sokker, of "base-ball". Wanneer laas het jy krieket gespeel? Die water van Clear-lake is pragtig skoon en helder, terwyl jy swem kan jy die sand en die klippies op die bodem van die meer sien. Die meer word geleidelik dieper en is daarom 'n veilige speelplek vir die kinders. Swemtyd word 'n gekwalifiseerde lewensredder voorsien om almal se pret so veilig as moontlik te maak. Kanoes en lewensbaadjies word voorsien vir die wat die inhamme van die meer en dit wat agter die volgende draai is wil gaan verken. Kom stap in wonderlike bospaadjies al langs die meer af. Daardie tyd van die jaar is die wilde rasberries ryp en reg vir die pluk, kom stop jou dus vol met anti-oksidante! Kom sing ook saam met ons en kom sit in die aande saam met ons om die kampvuur wanneer die son oor die water sak. Bring hope humor en kom lag saam met ons! Kom maak vriendskappe wat tot in alle ewigheid sal voortbestaan. Selfs die kinders het in die verlede op hierdie kamp blywende vriendskappe gevorm. Kom staan etenstye saam met ons in 'n tou vir 'n bord kos, wat jy nie self voorberei het nie. Na die ete gaan ons jou net vra om jou bord en eetgerei wat ons voorsien het in die seepwater te was wat ons voorsien en af te spoel en in die droograk te sit.

Kom laai jou batterye saam met medegelowiges in 'n heerlike ontspanne atmosfeer en kom kry weer krag vir jou daaglikse stryd om oorlewing. Put saam met ons uit God se Woord. Sing saam met ons tot eer van die Here. Bid saam met ons tot ons Vader in die hemel. Kom verlustig jou in die skepping van die Almagtige.

Hoe laat begin die kamp en hoe laat eindig die kamp?

Begin

Maandag 18 Augustus kan jy enige tyd vanaf 12 uur die middag arriveer. Dan word daar in die bungalows ingetrek, tente word opgeslaan en die RV's en Karavane word reggetrek. Nou kan ons mekaar leer ken. Ons kan stap en die terrein verken. En indien daar geswem word, onthou indien daar nie 'n lewensredder by die "strand" is nie, aanvaar die ouers verantwoordelikheid vir hulle kinders se waterveiligheid. 18:00 die aand word daar vir ons 'n aandete voorberei. Na die aandete kuier ons om die kampvuur en leer mekaar beter ken. Die Dinsdagoggend begin die amptelike kampprogam.

Einde

Sondagoggend 09:00 het ons 'n kerkdiens, 10:00 sal daar vir ons 'n Brunch voorberei wees. Na die brunch groet ons en pak op. Die wat wil is welkom om die res van die dag op die kampterrein te kuier en van die fasiliteite gebruik te maak.

Hoe kom ek daar? Ry met hoofweg 1 of hoogweg 16 en draai Noord in hoofweg 10. Ry tot by 'n dorpie met die naam van Onanole draai links (Wes) in provinsiale pad nr.262. Volg die pad vir ongeveer 3 kilometer en draai regs (Noord) op grondpaadjie. By die afdraai is daar 'n bordjie waarop daar staan, Anglican church camp. Volg die paadjie tot by 'n ander paadjie wat regs afdraai met 'n aanwysingsbord waarop daar staan "Anglican Church camp". Nou begin die pret!

Wat moet ek saambring? Of jy nou in 'n bungalow of in 'n tent of in 'n karavaan gaan slaap bring jou eie bedegoed. Kombers, duvet, of slaapsak en 'n kopkussing. Ou klere, Swemklere, Stapskoene, Iets warms vir die aandluggie langs die kampvuur, Toiletsakkie, Bybel,

Flits (Die bungalows het elektriese ligte en selfs elektriese verwarmers vir wanneer dit dalk koud mag raak), Baie entoesiasme en

Humor.

Vir wie moet ek laat weet indien ek wil kom kamp?

Bel my by (204) 725 3389

E-pos my by thaluk@mts.net

Skryf vir my; 2 Premier Ave, Brandon, MB R7B 3P5

Hoe lank het ek nog kans om te wik en te weeg?

Laat weet asseblief so gou as moontlik as jy saam wil kom kamp. Op die laaste moet ek twaalfuur die aand die 1e Augustus weet wie kom saam kamp, aangesien ek die tweede Augustus aan die Anglikaanse Kerk 'n naamlys en die getalle moet gee sodat hulle kan weet vir hoeveel mense hulle kos moet aankoop.

Laat weet my dus Wanneer jy gaan kom, hoeveel mense gaan kom, wat hulle name is en ook hulle ouderdomme.

Indien jy van nog mense weet wat moontlik sou wou kom saamkamp, "forward" dan hierdie e-pos asseblief na hulle toe.

Sien jou om die kampvuur!

Groete

Share this post


Link to post
Share on other sites

Create an account or sign in to comment

You need to be a member in order to leave a comment

Create an account

Sign up for a new account in our community. It's easy!

Register a new account

Sign in

Already have an account? Sign in here.

Sign In Now

Sign in to follow this