Sign in to follow this  
willem

White Rock: Kersdagdiens, 25 Des 2009

Recommended Posts

willem

Ons Kersdagdiens is soos gewoonlik weer op 25 Desember en ons wil graag jou persoonlik uitnooi om dit saam met ons by te woon. Die Erediens sal om 10:30 vm plaasvind. Ons gaan van al die bekende Kersliedere soos Stille Nag, Herders op die ope velde, ens saamsing. Ons weet dat vir almal ’n besondere geleentheid kan wees. Om dit ’n besondere geleentheid te kan maak, het ons jou teenwoordigheid nodig! Ons weet dat jy graag wil help om dit ’n besondere dag vir ander te maak. Ons het jou stem nodig om die kerkgebou te vul met die wonderlike klanke wat aan God hulde bring oor sy Seun wat vir ons gebore is tot ons redding. Ons het egter nie net jou stem nodig nie, ons het ook daardie besondere liefde van ’n Hemelse Kind wat gebore is en wat

jy in jou ronddra, nodig om met andere te deel. Ja, ons het jou nodig om te help om die geleentheid te omskep in ’n liefdevolle, warme feesgeleentheid.

O, ja, en nooi asseblief ook jou vriende en ander familie om die dag saam met ons deur te bring!

Na die Erediens gaan ons weer soos die vorige jare, weer heerlik saam eet in die saal. Bring gerus die gereg saam wat julle as familie sou nuttig daar by julle huis en kom bring die dag saam as geestelike familie deur in die gety van Kersfees. Ons beplan ook om weer speletjies in die saal aan te bied.

Miskien het jy die vorige geleenthede misgeloop, daarom moet jy definitief nie die geleentheid misloop nie. Maak sommer nou dadelik 'n aantekening in jou dagboek om die geleentheid by te woon. Kom ons trek op en pak die Kerk vol en sing met ’n hart wat getuig van die verlossing wat ek en jy beleef. Almal is hartlik welkom.

Verlede jaar het ons ook die eerste keer begin om die Kersdiens lewend uit te saai. Ons gaan dit weer lewendig uitsaai op die internet en danksy verbeterde tegnologie, is die klankgehalte baie beter. Vir die mense wat verlede jaar navraag gedoen het en ingeskakel het, baie dankie vir julle navraag, dit het ’n hele nuwe bedieningsveld vir ons oopgemaak. Ons sien julle graag op die Internet. Die skakel waarop julle moet kliek om die diens lewendig te sien, is www.saint-johns.ca en dan kliek jy aan die linkerkant op “Live Church Service Video” wat jy dan sal neem na die lewendige uitsending.

Seënwense aan almal.

Vir verder inligting, skakel gerus vir Willem van der Westhuizen by 604 536 9322 of kontak ons gerus by willem@saint-johns.ca

Edited by willem

Share this post


Link to post
Share on other sites
willem

Kersfees 2009! Die weervoorspelling lyk baie beter hierdie jaar en word daar geen sneeu verwag op Kersdag nie. Daar word selfs sonskyn voorspel! Ons wil vir almal wie dit moontlik is om by te woon, weereens vriendelik uitnooi na die Kersdagdiens, asook die potluck ete daarna.

Indien julle dit nie kan bywoon nie - mag die Here se rykste seën op julle rus. Mag julle 'n wonderlike dag saam met julle familie/vriende beleef.

Share this post


Link to post
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

Sign in to follow this