Sign in to follow this  
Hendie

Pine Falls: Varkbraai, 19 Julie

Recommended Posts

Hendie

Hiermee nooi ons weer eens almal wat leef en beef uit na die jaarlikse VARKBRAAI in PINE FALLS..... (iets wil half bekend klink hiersô...)

Die datum: Saterdag 19 Julie 2003

Die Plek: Tamarackstraat nr. 5, Pine Falls

Die telefoonnommers om te antwoord:

(204) 367-4394 (Louis & Nita)

(204) 756-2740 (Hugo & Celesté)

Die varkie word om 10:00vm op die kole gesit en almal is welkom om enige tyd vanaf 4:00nm te arriveer.

Bring asseblief u eie sitgoed, drinkgoed en een kleinerige bykossie per gesin. Die vleis, poeding en musiek word soos gewoonlik voorsien.

Weggooibare eetgerei, glase en papierborde word ook voorsien.

Daar is hulp en inligting te verkry by bogenoemde telefoonnommers t.o.v. slaapplek, oornagplek en so meer vir diegene wat ernstig en veilig wil kuier.

Stuur gerus hierdie uitnodiging aan vir nuwe aankomelinge en vriende wat nie op hierdie lys is nie.

Ons hoop van harte dat almal (klein en groot) hierdie geleentheid, waartydens ons Hugo en Louis se verjaardae vier, sal kan bywoon.

Groetnis,

Celesté & Nita

Share this post


Link to post
Share on other sites

Create an account or sign in to comment

You need to be a member in order to leave a comment

Create an account

Sign up for a new account in our community. It's easy!

Register a new account

Sign in

Already have an account? Sign in here.

Sign In Now

Sign in to follow this