Sign in to follow this  
willem

Kersdagdiens

Recommended Posts

willem

Graag wil ons almal vir wie dit moontlik is, uitnooi na ons Kersdagdiens op 25 Desember 2008. Die Erediens sal om 10:30 vm plaasvind. Ons gaan van al die bekende Kersliedere soos Stille Nag, Herders op die ope velde, ens saamsing. Wil jy nie graag help om die diens 'n besondere geleentheid te maak nie. Ons het jou stem nodig om die kerkgebou te vul met die wonderlike klanke wat aan God hulde bring oor sy Seun wat vir ons gebore is tot ons redding.

Na die Erediens gaan ons weer soos die vorige jare, weer heerlik saam eet in die saal. Bring gerus die gereg saam wat julle as familie sou nuttig daar by julle huis en kom bring die dag saam as geestelike familie deur in die gety van Kersfees. Ons wil graag 'n ieder en elk hartlik uitnooi om die dag saam met ons deur te bring. Ons beplan ook om weer speletjies in die saal aan te bied.

Indien jy die vorige geleenthede misgeloop het, moet jy definitief nie die geleentheid misloop nie. Maak sommer nou dadelik 'n aantekening in jou dagboek om die geleentheid by te woon. Kom ons trek op en pak die Kerk vol. Almal is hartlik welkom.

Seënwense aan almal.

Vir verder inligting, skakel gerus vir Willem van der Westhuizen by 604 536 9322 of kontak ons gerus by willem@saint-johns.ca

Share this post

Link to post
Share on other sites
adri

Dit is seker te veel gevra... maar ek wens daar was 'n "webcam". Party van ons is net nie naby White Rock nie... Geniet die Kersdagdiens.

Share this post

Link to post
Share on other sites
willem

Adri, ons kan altyd daarmee eksperimenteer. Ons probeer dink aan verskeie opsies aangesien ons meer en meer versoeke kry om die Afrikaanse Eredienste aan mense beskikbaar te stel. PM my gerus en ons kan kyk wat ons uitgerig kan kry. Gaan niks belowe nie, maar kan wel onderneem om ondersoek in te stel daarna.

Dit is seker te veel gevra... maar ek wens daar was 'n "webcam". Party van ons is net nie naby White Rock nie... Geniet die Kersdagdiens.
Edited by willem

Share this post

Link to post
Share on other sites
willem

Kersdag is baie keer 'n "alleen" geleentheid vir sommige mense. Ons wil graag die geleentheid gebruik om op die dag oor die "kamervloer" van mense se lewens te loop en die dag saam te spandeer in die gesindheid van liefde en omgee. Dit is dan met omgee in ons harte dat ons almal vir wie dit moontlik is, graag na die geleentheid toe wil uitnooi!

Ons wil graag die dag iets besonders maak en sodoende die herinneringe altyd koester in ons harte.

Sien jou op Kersdag.

Share this post

Link to post
Share on other sites
willem

Ek het vinnig geloer na die weervoorspelling vir Kersdag. Dit beloof sonskyn te wees, sonder enige sneeuvoorspelling. Graag wil ons net elkeen vir wie dit moontlik is, hartlik uitnooi om die dag saam met ons te geniet. Die diens begin om 10:30vm, gevolglik met 'n "Potluck" ete daarna. Indien jy saam wil kuier, gesels, sing en eet, bring gerus die kos wat jy vir die middagete wil voorberei het, saam en geniet die dag saam met ons.

Ons sal jou graag met hartlike Christus liefde wil verwelkom. Indien jy nog nooit die Kersdagdiens bygewoon het nie - kom gerus en geniet die dag saam met ons.

Share this post

Link to post
Share on other sites
willem

Goeie nuus. Die Kersdagdiens op 25 Desember gaan lewendig op Internet ge-videobeeld word. Die Erediens begin om 10:30vm (Pacific tyd). Indien jy wil saamkyk, gaan na die volgende skakel, naamlik www.ustream.tv/channel/kersdiens-2008, of gaan na St Johns se webwerf, kliek op die volgende boodskap onder die foto van die kerk; Christmas Eve Servce 2008 Live... Saint-John’s Presbyterian in White Rock, BC invites you to s... [READ MORE HERE], wat jou dan sal neem na " Kersdiens 25 Des 2008 10:30 vm PST op Internet". Kliek op die datum van die Erediens en laastens op die woord "hier".

Bid asb saam met ons dat alles sal uitwerk.

Aan almal van julle, mag julle 'n geseende Kerstyd saam met julle familie beleef. Mag die Here julle ryklik seen.

Edited by willem

Share this post

Link to post
Share on other sites
willem

Ons het heelwat sneeu die afgelope dag of wat gehad, maar die Erediens gaan voort soos beplan. Hoop om julle hier te ontvang in die gemeente.

Seen

Share this post

Link to post
Share on other sites
willem

Ons het vanaand die eerste keer die Video uitsending getoets en alles het gewerk. Ons hoop dat alles sal uitwerk vir die erediens. Gee asb vir ons enige terugvoering oor video en klank gehalte.

Share this post

Link to post
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

Sign in to follow this