Hendie 142 Posted April 4, 2008 Gedurende die afgelope paar jaar het die Universiteit Stellenbosch ‘n toenemende behoefte van oudstudente en vriende van die US in die buiteland ervaar, om op hoogte te bly van die jongste ontwikkelinge by hul Alma Mater. Die Alumni-kantoor het verskeie geleenthede in die top 10 lande waar die meeste MatieAlumni gebaseer is, gereël. Hierdie geleenthede word tans as ‘n uitstekende wyse beskou om alumni se eie netwerke te verstewig.Die Alumni-kantoor sal in Mei vanjaar verskeie geleenthede in die VAE, Kanada en die VSA reël. Hierdie byeenkomste sal die ideale geleentheid wees om jou eie netwerke te verstewig en op hoogte te kom van die jongste ontwikkelinge by die Universiteit.Hiermee word jy en jou metgesel vriendelik na die volgende geleenthede genooi:Vancouver: Sondag 18 Mei 2008Tyd: 12:30 vir 13:00Plek: The Fairmont Hotel Vancouver, 900 West Georgia StreetFormaat: Middagete-buffet met Suid-Afrikaanse wynKoste: $35 per persoonRSVP datum: Donderdag, 8 Mei 2008Om te bespreek:Klik hier om aanlyn vir enigeen van bogenoemde funksies te bespreek/betaal. Let asb daarop dat wanneer jy aanlyn bespreek, die randwaarde en nie die dollarwaarde nie, aangedui sal word Die wisselkoers van die dag waarop jy jou bespreking doen sal van toepassing wees.Ons versoek ook vriendelik dat jy asb hierdie uitnodiging aan ander alumni met wie jy in kontak is en wat tans nie op ons datalys is nie, sal versprei. Ons sien daarna uit om jou en jou metgesel by hierdie geleentheid te verwelkom.Moenie vergeet om jou besigheidskaartjie vir ‘n trekking vir Matie-pryse saam te bring nie!Vriendelike groeteMe Heidi OctoberKoördineerder: Alumni-verhoudingsbou Quote Share this post Link to post Share on other sites