Sign in to follow this  
Dedré

Haas Das se Nuus Kas

Recommended Posts

Dedré

Ons ou geliewe TV Nuusleser en sy muis is nou in DVD beskikbaar. Hulle sing liedjies en maak grappies. Dit was 'n aangename skok toe ek dit Vrydag op die rakke sien in CD Select. Ekt nie geweet waar om die goeie nuus te post nie... :D

Lost & Found..

Foyer...

Home & Health...

General...

Funnies...

.."Youth" het toe maar gewen... want ons kindertjies baat daarby. Het op YouTube gesoek na die DVD met die liedjies... maar dis nog nie daar nie.

Maar hier is dit wat wel beskikbaar is:

Vetseeun opsomming en nog ander goeie programme Ek weet nie hoe jy dit als in die hande kan kry nie... jammer

Die SABC se enigste argief

Haas Das Hou Konsert is nou orals in winkels hier in SA beskikbaar... Sulke goeie ou herhinneringe... Kalahari.net het dit ook.

Edited by Dedré

Share this post


Link to post
Share on other sites
Cathy K

Dankie Dedré, ek en Charlene het juis gister daarvoor op internet gesoek. Nou moet daar nog net ene van Liewe Heksie verskyn.

Groete

Cathy K.

Share this post


Link to post
Share on other sites
Dedré

Hierso op Vetseeun is ietsie van Liew Heksie.

Ek sien op boogenoemde link is Heidi, Trompie, Oscar & Knerses, Pikkewouters en Pinoccio. Kraaines is net op LP beskikbaar. Nice nê? Ek hoop dit help.

Edited by Dedré

Share this post


Link to post
Share on other sites
Rolé

Ons het 'n DVD van Liewe Heksie en Heidi. Ek dink daar is 3 Liewe Heksie DVD's. Julle kan dalk soek op Kalahari.net. Sal my nie verbaas as hulle dit wel het nie.

En ons het Carike Keuzenkamp se kraaines CD (ek neem aan dis wat jy bedoel Derdré), so mens kan dit op CD ook kry.

Share this post


Link to post
Share on other sites
Dedré

Ja, nee jys reg Rolé, dis op CD beskikbaar. Dis nogal snaaks dat Vetseun nog egter praat van LP's. Vir 'n bietjie useless info... hulle verkoop nogsteeds kasette ook in SA. Jy moet egter so bietjie soek, maar jy sal nie lank soek nie... hehehe. Ek neem aan dit is om 'n lae inkomste groep te bedien.

Share this post


Link to post
Share on other sites
Cathy K

Dedré, langspeelplate is baie gewild onder versamelaars. Pierre het gister by 'n garage sale op 'n paar van Elvis Presley afgekom (ook sy Christmas album) en hy was in die wolke.

Ou radiogramme kos deesdae 'n plaas se prys.

Ons het nou al 'n hele paar nostalgiese langspelers waarna ons net so af en toe mag luister, té bang ons speel dit op! :D

Cathy K

Share this post


Link to post
Share on other sites
Dedré

Oi... ekt geweet ek gaan eendag BAIE spyt wees ekt my LP's weg gegee vir my suster. Daar was net nie plek daarvoor nie... En die platespeler was net so GROOT! Nous dit al duur versamelstukke... Ek kon BAIE geld vir my kinders gemaak het! NEE!

Ai... selfs plate van SA geskiedenis was daarin!

Oh well, life sucks... ek sal myself nou maar vir die dag in my donker kamertjie gaan toe sluit... <snik-snik>. Moet asseblief nie klop nie mense...

Share this post


Link to post
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

Sign in to follow this