Sign in to follow this  
willem

White Rock: Kerk Bazaar

Recommended Posts

willem

Funksie: Kerkbazaar Saterdag 2 Junie 2007

Tyd: 10:30 vm tot 3 nm.

Waar? St John’s Presbiteriaanse Kerk, 1480 George St, White Rock.

Ons wil julle graag weer uitnooi om weer saam met ons die heerlike atmosfeer van ‘n bazaar te geniet. Verskeie items sal weer aangebied word soos bv. Pannekoek, Koeksusters, Boereworsrolle, Kerrie & Rys, Jaffels, Droeëwors, ens,

Kom geniet die pret of kom drink net 'n koppie tee of koffie. Kunswerk, stokperkies en prêt vir oud en jonk sal ook beskikbaar wees. Bring jou vriende en familie en kom geniet die dag saam.

Skakel of kontak ons vir meer inligting of as jy jou SA produkte wil adverteer: Bessie Van der Westhuizen, E Pos: sabasaar@hotmail.com of skakel die kerkkantoor by 604 536 9322.

Ons sien daarna uit om julle weer hier te verwelkom!

Share this post


Link to post
Share on other sites
jpd

Ai Jafels - dit laat my sommer baie jare terug laat dink aan die kerkbasaar ofp die klein dorpie in die Wes-Transvaal. Te jammer, ek is nie in Vancouver nie!

Share this post


Link to post
Share on other sites
willem

Ons wil julle graag uitnooi om weer saam met ons die heerlike atmosfeer van die bazaar te geniet. Verskeie items sal weer aangebied word soos bv. Pannekoek, Koeksusters, Boereworsrolle, Kerrie & Rys, Jaffels, Droeëwors, ens,

Die dag van die Bazaar ( 2 Junie 2007) is vinnig besig om nader te kom. Die vrouens is al fluks besig om allerlei lekkernye gereed te kry. Ek het verneem dat daar sommer heelwat koeksusters sal wees, asook verskeie ander eetgoed. Daar sal ongelukkig geen droeëwors beskikbaar wees nie. Ons gaan egter rou wors ook te koop aanbied.

Vir die kinders gaan daar ook verskeie speletjies aangebied word. Waarna ons egter baie uitsien, is om weer die heerlike atmosfeer en saamkuier van verlede jaar te beleef.

Kom aan mense, :rolleyes: ondersteun ons asb en kom genoet die dag saam met ons.

Namens die "Feeskomitee"

Edited by willem

Share this post


Link to post
Share on other sites
Ingrid Brunkhorst Hurrell

Ons beplan om daar te wees Willem.

Kan nie 'nee' sê vir jafels en al die lekkernye nie!

Die koeksisters kan iemand anders kry, maar die melktert...dié soek ek met 'n seer hart! :rolleyes:

Sterkte met al die voorbereidings.

Share this post


Link to post
Share on other sites
willem

Ek wil net graag aan almal wat ons ondersteun het met die basaar, vanuit die verskillende stede, selfs so ver as vanuit die VSA, net 'n woord van hartlike dank offer :D . Indien dit nie vir julle bywoning was nie, sou die dag nie so reuse sukses kon gewees het nie. Baie dankie ook aan almal wat hulle hulp aangebied het tydens die geleentheid. Aan elke persoon wat so moes bontstaan om die mense te bedien, baie dankie. Volgende jaar maak ons weer so en is hoop om nog meer van julle tydens die geleentheid te ontmoet. ;) Dit was ook goed gewees om die gesigte van mense wat so gereeld op die forum skrywe, by die name te kon plaas. Seen aan julle almal.

Share this post


Link to post
Share on other sites
Nixie

Baie dankie ook van ons kant af aan almal wat met alle voorbereidings, opruimings ens. gehelp het. Dit was lekker om weer die tyd te kon geniet het met mense van ons eie Moedertaal wat saam kon lag, gesels en net deel te kon neem het aan alles. Die kos was bobaas, en dankie ook aan elkeen wat sy eie tafel beman het, asook die wat buite in die son, die jaffels, en boerewors rolletjies voorberei het. Dankie Willem (met respek gese :D ) vir alles! Ons het dit geniet. Groete van Nixie, Alex (en my sus Louise, Leon en kinders.) Sien uit na volgende jaar !

Share this post


Link to post
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

Sign in to follow this