Sign in to follow this  
Dedré

Afrikaanse Speltoetser?

Recommended Posts

Dedré

Kan iemand my dalk help met 'n groot probleem? Ek kan nie spel nie. Maar oo wee ek hou van KLETS. My probleem is dus om te tik op "SACanada" in suiwer, korrekte Afrikaans. Is daar iewers 'n Afrikaanse Speltoetser wat 'n mens op jou Internet Exploreerder (he he he!) kan intstalleer wat met die probleem mag help?

Ek weet ek kan net ophou klets ook in Afrikaans, maar dit sou net ietwat meer onmoontlik wees. Ek wou al een vir my verjaarsdag gehad het, maar manlief voel mens koop nie so iets vir jou vrou vir haar verjaarsdag nie! Engige hulp? ASB?

Edited by Dedré

Share this post


Link to post
Share on other sites
Heinrich

Daar bestaan 'n Afrikaanse speltoetser in Suid-Afrika, maar ek weet nie op die oomblik waar om dit te kry. Daardie speltoetser het egter een probleem. Dit is dat saamgestelde woorde soos byvoorbeeld "klankversterker" (of ...waatlemoenkonfytbasaar) nie in sy woordeboek sal voorkom nie. Jy sal dit moet opbreek voordat dit korrek wys op die skerm. Afrikaans het soveel saamgestelde woorde dat die kombinasies doodeenvoudig só legio is dat dit sinneloos sal wees om dit te probeer regkry.

Hierdie saamgestelde woorde is maar net iets unieks aan Afrikaans en ek weet nie of die probleem al opgelos is nie. Dalk sal dit werk om maar net die woorde eers op te breek en dan saam te sit op die beginsel van "een woord vir een begrip".

Share this post


Link to post
Share on other sites
Alwyn

Dedre,

Die Pukke (deesdae Noord-Wes), werk al dekades aan 'n Afrikaanse speltoetser vir Microsoft se applikasies.

Daar is een hierso http://www.spel.co.za , hulle se wan' kinners kannie spellie

Weet nie of die Nederlanders dalk een erens het vir Afrikaans nie. Hulle is nogal baie geinteresseerd en nuuskierig oor Afrikaans. Sê maar net Prima! as jy een raakloop :holy:

Share this post


Link to post
Share on other sites
cbc

Dedré, jou eerste flater is dat jy Internet Explorer gebruik. :hug: Ja, goed, dis gerieflik, want dit is reeds geïnstalleer op elke Windows-rekenaar, maar dit respekteer geen webstandaarde nie en dit benader kodering op 'n baie obskure manier. My raad aan jou is om met ander weblesers te eksperimenteer.

'n Goeie begin sal Mozilla Firefox wees. Die basiese webleser is goed, maar daar is ook talle ekstras waarmee jy dit verder kan verbeter. Baie spesifiek tot jou versoek is daar woordeboeke in tientalle tale. Jy kan meer as een installeer en dan tussen hulle wissel soos jy nodig het. (Regskliek, kies Languages en dan die nodige woordeboek.)

Verder kan ek ook Adblock aanbeveel. Webbladsye is soveel vinniger wanneer jy nie al die onnodige advertensies hoef te laai nie.

Mozilla Firefox:

http://www.spreadfirefox.com/

Firefox woordeboeke:

https://addons.mozilla.org/en-US/firefox/browse/type:3

Adblock:

https://addons.mozilla.org/en-US/firefox/addon/1865

Share this post


Link to post
Share on other sites
Adele

Debbie ek gebruik n Afrikaans speltoetser en ek gebruik Firefox! Jy sal niks vir niet kry vir IE nie!

All you a have to do is is add on the Afrikaans dictionary and away you go. Both Firefox and the add on are free. I love it!

Share this post


Link to post
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

Sign in to follow this