Sign in to follow this  
willem

Afrikaanse Kersdagdiens

Recommended Posts

willem

Seengroete aan almal.

Daar sal weer hierdie jaar 'n Afrikaanse Kersdagdiens by St John's Presbiteriaanse Kerk aangebied word. Adres: 1480 George Straat, White Rock. Die diens is om 10 vm. Ons beplan om die oggend heerlik saam te sing - enige iemand wat wil help met begeleiding, is meer as welkom om my te kontak vir verdere reëlings. Daarna sal ons 'n koppie tee/koffie saam geniet.

Vir verdere besonderhede skakel met Willem van der Westhuizen. Sien ook ons webwerf by www.saint-johns.ca

Ons sien daarna uit om julle daar te ontvang.

Mag julle elkeen 'n geseende Kersdag belewe.

Share this post


Link to post
Share on other sites
willem

Kersdagdiens Maandag 25 Desember 2006 om 10vm te St Johns Presbiteriaanse Kerk, 1480 George St, White Rock. Ons gaan heerlik saam sing en die dag geniet.

Aan almal wat gevra het of ons nie miskien tog na die diens kan saam eet nie, ja, ons gaan dit wel doen. Heerlik saam eet, kuier, sing en lag. Kom aan, indien julle daarna voel om saam te eet na die tyd, bring julle kos saam dan kan ons sommer die dag lekker saam kuier. Die kinders kan in die saal rond baljaar en net sommer die dag geniet.

Aan almal vir wie dit nie moontlik is om die geleentheid by te woon nie, wil ons graag die Gere se rykste seen toewens. Mag God julle seen waar ook al julle mag wees.

Willem

Share this post


Link to post
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

Sign in to follow this