Maar eers 'n bietjie terugvoering van die erediens gehou op 2 Oktober: Ons was 50 (plus 13 kindertjies) wat saam als in Afrikaans gedoen het - preek geluister, gesing en na die tyd heerlik tee/koffie gedrink het! Tydens dié byeenkoms is voorgestel dat ons maandelikse 'n Afrikaanse erediens hou. Dankie aan ds Nic Wolmarans van Rocky Mountain House wat aangebied het om hierdie dienste te lei.
Datum: DV Sondag 30 Oktober, 2005
Tyd:
Plek: First Christian Reformed Church (FCRC)
16 McVicar Street, Red Deer
- Kollekte word opgeneem vir oa 'n donasie aan die FCRC boufonds en om ander onkostes te delg.
- Na afloop van die diens verkeer ons gesellig om die koffiekan (bring asb 'n bordjie eetgoed)
- Laat weet asseblief almal wat u ken.