
(kliek vir webwerf)
Stampede is een tyd in die jaar wat die hele Calgary verander. Denims en 'n cowboy-hoed is die uniform vir almal en oral waar jy gaan kan jy verniet ontbyt of middagete kry. Dit is 'n heerlike tyd van die jaar en ek raai almal aan om dit saam te geniet.
Die parade is hierdie Vrydagoggend (8 Jullie) om 9 uur in "downtown" Calgary. Die roete kan <a href='http://java script: openpopup()' target='_blank'>hier</a> gesien word. 'n Verniet ontbyt by 5th Avenue Place in Downtown Calgary is geskeduleer vir die volgende Vrydag, 15 Julie. Volgende Dinsdag is daar by die PetroCanada gebou 'n middagete, met vermaak, van 11:00 - 2:00.
Ek raak nog gewoond aan die groot vakansie in die middel van die jaar, maar die geesdrif waarmee Calgary die Stampede aanpak, is aansteeklik.
Geniet dit.