Pierre
Jul 23 2004, 10:55 PM
Ek sien geen terugvoer oor Kanasie nie. Kyk ek op die verkeerde plek?
Hoe was dit daar?
Rooibok
Jul 24 2004, 07:32 AM
Pierre, jy het 'n lekker dag gemis. Alles, selfs die weer was wonderlik. Ek sal verseker volgende jaar weer daar wees.
Pierre
Jul 24 2004, 07:42 AM
Ek het hier ook 'n lekker dag gehad en die weer was lekker - maar wat was verder wonderlik?
Kiepie
Jul 24 2004, 04:56 PM
Pierre
Jy wil weet wat was wonderlik?
Dit was fantasties! Dit was net lekker om Afrikaans rondom jou te hoor. Ek het wel besef ek sal my woorde moet tel, want mens raak sou gewoond om te se net wat jy wil as jy weet die mense rondom kan jou nie verstaan nie.
Verder was die musiek uitstekend, Louis Brits se show Vrydag middag was regtig die moeite werd het so bietjie ou skool herhinneringe terug gebring.
En verder was Saterdag net n fees, met behoorlike pannekoeke, vetkoek en mince, regte egte braai vleis met sosaties. En regte egte boere gees, soos dit hoort.
Jy mis rerig n belewenis as jy dit nie volgende jaar deel van jou beplanning maak nie.
Ek sal ook volgende jaar defnititief weer gaan.
Kiepie
Pierre
Jul 24 2004, 10:28 PM
Dankie kiepie dit sê 'n bietjie meer van wat dit vir jou die moeite werd gemaak het , of spesiaal gemaak het. Dit klink vir my die mense het lekker geeet en dalk so 'n bietjie gewig bygevoeg wat weer sal moet afgewerk word.
Hulle sing so lekker want hulle eet so lekker....

dis 'n ou gesegde nav 'n advertensie in SA.
Pierre
Jul 24 2004, 11:12 PM
Waar is die fotos?
Rooibok
Jul 26 2004, 10:55 AM
Dankie Kiepie jy het dit goed opgesom. Pierre, Hendie het alles wat jy wil sien.
This is a "lo-fi" version of our main content. To view the full version with more information, formatting and images, please
click here.