Calgary Koffie-Aand

Die volgende koffie-aand is Donderdagaand, 17 Julie. Kom geniet 'n koffietjie saam en deel idees oor jou tuin met ander groen-vinger-dames (én mans!).

Juliemaand se koffie-aand sal dus wees op die 17e om 20:00 by die Second Cup, 5644 Signal Hill Centre SW.

Indien julle meer inligting soek, bel Nannette de Waal by 217-6612.

Suid-Afrikaanse mans en dames en enigeen wat belangstel in Suid-Afrika en sy dinge is welkom!